VLVK Roos

 

VLVK Roos

Posted by VLV in Announcements, Bestellings 12 Oct 2012

‘n Spesiale roos wat die eienskappe van die vrou van vandag besit, is spesiaal vir VLVK deur die bekende rooskweker, Ludwig Taschner, gekweek om VLVK se 85ste verjaarsdag in 2014 te herdenk. 

Die roos sal as die VLV-KAAPLAND ROOS bekend staan. Dit is ‘n snyblom, maar ook ‘n tuinblom met die volgende eienskappe: 

• Sagte salmonpienk

• Vroulike, elegante roos

• Effens gekartelde blare

• Effense geur

• Blom baie goed

• Stewige knop

• Stewige oop blom

• Moderne blom

• Grootte van die blom self: groter as medium

• Langsteel roos

• Regop groeiende plant, 2 meter hoog

• Sterk plant met volop blomme

• Baie goed siektebestand

 

‘n Katalogusfoto is nie op hierdie stadium beskikbaar nie, maar foto’s van die roos in verskillende stadiums word saam met hierdie aanbod beskikbaar gestel. Die roos behoort reeds vanaf Maart 2013 beskikbaar te wees.

 

‘n Spesiale prys van R85 (BTW en afleweringskoste ingesluit by naaste beskikbare kwekery op die kweker se afleweringsroete).  Dit is ‘n wonderlike geskenk en werklik ‘n winskopie.

 Die bestelvorm is onder Downloads.

   

Nielede kan die bestelvorm van die VLVK-hoofkantoor aanvra by: 021 886 5064.

Rooskoning, Ludwig Taschner, en Erika Lubbe, VLVK President.

Post a comment

8 − seven =