VLVK ROOS

 

VLVK ROOS

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 21 Nov 2012

Ten spyte van die versengende hitte in die Noord-Kaap, is die eerste bestelling VLV-Kaapland rose sedert gister suksesvol uitgevoer en in volgorde: Sirkel Kalahari, Sirkel Kimberley en Distrik, Douglas tak, Griekwaland-Wes en die Prieska tak.

 

Carien van den Berg, Visepresident van Sirkel Kalahari, was toevallig vir ‘n borduurkursus in Bloemfontein en het Sirkel Kalahari se rose in Bloemfontein in ontvangs geneem. Daarna is Kimberley en Distrik se rose by Soekie Hauptfleisch in Kimberley afgelewer.

 

Vonesse Gerber, Sirkelpresident van Griekwaland-Wes, het haar Sirkel se rose self op Douglas gaan haal.

 

Die Prieska tak, Sirkel Noordwes-Kaap, se rose is deur Chrisna Coetzee op Douglas gaan haal. Oral langs die pad het sy bestellings afgelewer. Hier op die foto wys sy hoe sterk en gesond die plante is.

 Marthie van der Westhuizen, voorsitter Douglas tak, ontvang die eerste besending VLV Kaapland Rose vanaf Ludwig Taschner vir die Douglas tak, Sirkel Griekwaland-Wes en die Prieska tak.

Post a comment

seventeen − fourteen =