VLVK Kongres 2019

 

VLVK Kongres 2019

Posted by VLV in Announcements 26 Aug 2019

VLVK Kongres

ATKV Goudini

22-23 Augustus 2019

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tema van vanjaar se kongres was Belê in Vroue / Invest in Women en dit is kunstig vertoon voor in die saal.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hiedie pragtige uitstalling het afgevaardigdes by die ingang verwelkom

 

Groeteboodskappe is oorgedra deur verteenwoordigers van verskeie verenigings. v.l.n.r: Mnr Cornie Swart (President  Agri Weskaap), Dr Marina Muller (President Namibiese Vrouevereniging), Mev Ina Booyse (President VLU Overvaal), Mev Karien van Schalkwyk (VLVK-president), Mev. Magdie de Kock (President Associated Country Women of the World/Wêreldbond van Plattelandse Vroue – openingspreker), Mev Tharina Rossel (President SAVLU), Mev Erika Lubbe (Voormalige VLVK-president ), Mev Vanda Gagiano (Voormalige president van Vrystaat VLU) en ds W.P. du Plessis (Leraar NGK Goudini)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dr Pieter van Jaarsveld, Sielkundige, het die afgevaardigdes toegespreek  in die Opvoeding en Kultuur tydgleuf.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLVK sê dankie aan Dr Dave Pepler vir sy bydrae tot die bewaring van die omgewing. Mev Marinda Rall, Saamroeper Openbare Sake, het ‘n oorkonde aan Dr Pepler oorhandig.

 

 

Mev Karien van Schalkwyk, VLVK-president, saam met die nuutverkose vise-president, Mev Estelle du Plessis van Sirkel Weskus

 

 

Ter viering van die 90ste bestaansjaar van VLVK is ‘n VLV-kookboek, met resepte van toe en nou deur nb-uitgewers uitgegee. Verteenwoordigers van die uitgewers het die boek amptelik aan Mev Karien van Schalkwyk, VLVK-president oorhandig tydens die aandfunksie. Vlnr: Mev Annake Muller, Mev Van Schalkwyk, Me Lindy Samery en Me Jean Pieters

 

Verteenwoordigers van nb-uitgewers wat die VLV-kookboek uitgegee het. v.l.n.r. Me Lindy Samery (Uitgewer nb-uitgewers), Me Jean Pieters (Bemarkingbeampte nb-uitgewers) en Mev Annake Muller (Uitgewer, nb-uitgewers, van VLV-kookboek)

 

‘n Koek, in die vorm van ‘n swartpotjie is deur Mev Charmaine Lacroix van Robertson-Tak gebak vir die 90ste verjaardag van VLVK. Hier staan Mev Karien van Schalkwyk by die pragtige koek.

 

                                 

Die afgevaardigdes het die mooi uitsig oor die berge geniet en almal het lekker saamgekuier tydens die aandfunksie.

 

 

Die mans maak gereed om op hul uitstappie te vertrek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Een van die vele hoogtepunte by Kongres is die kompetisies. Daar is weereens werk van hoogstaande gehalte deur die lede gedoen waarvoor hulle erkenning ontvang het.

 

 

 

 

 

Leave a Reply