VLVK-Kombuisgodinne

 

VLVK-Kombuisgodinne

Posted by VLV in Announcements, Recent Events 15 Nov 2013

Die VLVK-kombuisgodinne se prysuitdeling is op 14 November 2014 in Jubileumhuis gehou met die VLVK-kombuisgodinne wenspan wat die gaste trakteer het op heerlike tee en eetgoed volgens die tema: ‘n Reënboog spogtee: VLVK word 85! Hulle het hul beste voet voorgesit en eetgoedjies uit die boonste rakke voorgesit.

 

Hier is die gaste van links na regs: Mariana Rabie: Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo,  Erika Lubbe: VLVK-president, Beulah Oberholster: ‘n Vorige Sirkelpresident van Sirkel Paarl, Mirrie Grobler: verteenwoordiger van mnr. Frik Kriek van SCOT, borg wat vir die wenspan elk ‘n pragtige volstruisleerhandsak geborg het. Louwna Hoving: VLVK-argivaris.

Die Voorsitter, Maretha Badenhorst, en lede van VLV Strand, Sirkel Kaapstad, en die Sirkelpresident, Rina Kotzé, het die wenspan ondersteun met hul teenwoordigheid!

Agter die keurig gedekte teetafel met heerlike eetgoed staan van links na regs: Daliwe Davids en Isabel Wilken van VLV Hofmeyr, Sirkel Cradock, wat die tweede plek verower het,  Erika Lubbe: VLVK-president, Rina Kotzé: Sirkelpresident van Sirkel Kaapstad, Maretha Badenhorst: Voorsitter VLV Strand, Eleanor Darvall en Marianna de Villiers: VLVK-kombuisgodinne wenspan van VLV Strand, Sirkel Paarl.

Die VLVK-kombuisgodinne wenspan: Marianna de Villiers vertel wat die kompetisie vir haar en ook spesiaal vir Eleanor Darvall beteken het.

Die VLVK-kombuisgodinne, Eleanor Darvall en Marianna de Villiers met hul volstruisleerhandsakke.

VLVK-kombuisgodin, Eleanor Darvall, vertel met vreugde hoe lekker sy en haar Mevrou as ‘n span saamwerk en hoe sy geglo het dat hulle twee sou wen!

Van links na regs: Karien van Schalkwyk, VLVK-visepresident, saam met die VLVK-kombuisgodinne wat die tweede plek verower het.

As deel van haar eerste prys kon Eleanor Darvall fudge en gesondheidsbrood verkoop wat groot byval gevind het.

Rina Kotzé, Sirkelpresident van Sirkel Kaapstad, oorhandig aan Marianna de Villiers, ‘n VLVK-geskenkpak.

Deliwe Davids vertel dat dit vir haar ‘n wonderlike ondervinding was wat  sy nooit sal vergeet nie.

Erika Lubbe, VLVK-president, oorhandig aan die VLVK-kombuisgodinne wenspan elk ‘n VLVK-Verdienstelikheidsertifikaat.

VLVK-president, Erika Lubbe, oorhandig aan Eleanor Darvall ‘n VLVK-geskenkpak.

Hoofbestuurslede by die VLVK-kombuisgodinne se prysuitdelingsgeleentheid in Jubileumhuis. Van links na regs: Caro Ekermans: Sirkelpresident Sirkel Tygerberg, Rina Kotzé: Sirkelpresident Sirkel Kaapstad, Erika Lubbe: VLVK-president, Karien van Schalkwyk: VLVK-visepresident, Marinda Rall: Sirkelpresident Sirkel Paarl, Sunette de Villiers: Sirkelpresident Sirkel Worcester, Estelle du Plessis: Sirkelpresident Sirkel Weskus.

Post a comment

20 − three =