VLVK-boerderyvennoot

 

VLVK-boerderyvennoot

Posted by VLV in Announcements, Gebeurlikhede 20 Jun 2013

Maak GOU!!! Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die VLVK-boerderyvennoot is aangeskuif na 19 Julie 2013. Geen laat inskrywings sal toegelaat word nie.

 

Inskrywings moet gestuur word aan:

            VLVK-Boerderyvennoot van die Jaar

            Posbus 273

            STELLENBOSCH, 7599

 

Indien die inskrywing per hand afgelewer word, moet dit asseblief voor 13h00 (kantoorure by Jubileumhuis) geskied.

                       

Die prysuitdelingsfunksie met fantastiese pryse sal plaasvind op 20 Aug. 2013, Kultuuraand van Kongres 2013, Stellenberg Kerkkompleks. Dit sal ‘n galageleentheid wees met Hugo Lochner [MANIE] van Landbouweekblad wat die oorwinningserp vir die wenner gaan omhang. Die oorwinningserp is gemaak deur meesterkwilter, Kinnie Schutte van Gansbaai.

BORGSKAPPE VIR VLVK 2013 BOERDERYVENNOOTKOMPETISIE

COLLAGEN PRO-FIRMING SKIN CARE SELECTION vir die wenner en 1 DIVINE BATH AND BODY KIT vir die tweede prys en derde prys elk

WALKER BAY SPICE WORKS: 3 geskenkpakke Walker Bay speserye

DINE VAN ZYL: 3 groot Boerekos-resepteboeke

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS: 3 geskenkpakke met toepaslike boeke

HEMPIES DU TOIT: 3 getekende Annandale-landgoedwyn geskenkpakke

  • Cattle Baron borg ‘n ete vir elke finalis & ‘n metgesel tydens Woensdagaand se kuieraand.
  • Tygerberg Waterfront Cattle Baron: Besprekings by 021 914 1658
  • Plattekloof Cattle Baron: Besprekings by 021 911 0110
  • Durbanville Cattle Baron: Besprekings by 0219141183

  • Serengeti Selfsorg Eenhede

Die finaliste se akkommodasie  word deels deur Serengeti en deels deur dr. Johan van Deventer van Freshmark geborg.

  • Dr. Johan van Deventer borg ook vrugteruikers in die 3 finaliste se wooneenhede.

Die kunstenaar, Hermien van der Merwe, skenk een van haar kunswerke aan die wenner.

VROUE-LANDBOUVERENIGING VAN KAAPLAND

3 VLV-Kaapland Roosplante

3 VLVKOOK- voorskote

Post a comment

17 − five =