VLV Voëlvlei se Koppie vir Kanker dag

 

VLV Voëlvlei se Koppie vir Kanker dag

Posted by VLV in Voëlvlei Tak 23 Jul 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Brenda Viljoen

Datum:  23 Julie 2015

 

 

 

Op die 23st Julie 2015 het van die vroue van die VLV Voëlvlei tak bymekaar gekom vir hulle jaarlikse koppie vir kanker dag. Dit is die 3de opeenvolgende jaar wat die dag gehou word.

 

 

Twee van die VLV lede, Tineke Reinink en Dania van der Walt, het drie jaar gelede iewers op die internet ‘n artikel raakgelees in verband met “Knit in Public”. Hulle besluit toe om ‘n dag te reel waar ‘n klompie vriendinne bymekaar kom en mussies brei vir Kansa. Die groepie brei toe 263 mussies in 2013. In 2014 word die groep dames bietjie groter en word dames van Albertinia, Hartenbos en Mosselbaai ook genooi om deel te word van die breidag. ‘n Totaal van 511 mussies word gebrei.

 

 

Hierdie jaar is alle verwagtinge oortref! ‘n Ongelooflike totaal van 975 mussies, 36 pare handskoene, 18 pare sokkies, 2 komberse en 2 serpe is gebrei. Wat ‘n ongelooflike dag en ervaring. Die meeste mussies wat deur een VLV lid gebrei is was deur Anna WOL(faardt). Sy brei ‘n uitmuntende 316 mussies op haar eie! Dit wil gedoen wees. Die mussies word elke jaar aan die dames van Kansa in George oorhandig wat dit dan uitdeel aan die kankerpasiente in die Suid Kaap. Die stories van dankbaarheid wat hulle gister met die dames gedeel het maak jou hart sommer warm. Wat ‘n voorreg is dit nie om deel te wees van ‘n wonderlike groep vroue wat altyd lag en gesels terwyl die hekel en breipenne klik klak nie.

 

 

facebook mussies (Custom) (2)

Van links Dorina van Aardt, Jemien Smalberger, Anna Wolfaard

Post a comment

two × 4 =