VLV Voëlvlei raak besorgd oor hulle gesondheid…

 

VLV Voëlvlei raak besorgd oor hulle gesondheid…

Posted by VLV in Voëlvlei Tak 29 Apr 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Voëlvlei

Portefeulje:  Gesondheid

Beriggewer:  Brenda Viljoen

Datum:  29 April 2015

 

Die dames van die VLV Voëlvlei tak is tydens die onlangse Gesondheids vergadering toegespreek deur Dr. Amos van der Merwe. Dr. Van der Merwe, afgetrede Uroloog van Pretoria, het die dames bewus kom maak van die moontlikhede wat daar in die medies is om persone met blaas probleme te help.  Dis nie nodig om vir die res van jou lewe ongemaklik of bang te wees nie. As mens luister na die geskiedenis van Urologie en onder watter omstandighede persone, maar veral vrouens, gelewe het, kan ons net dankbaar wees vir die gevorderde medies wat ons vandag het. Dr Van der Merwe het interessante feite en geskiedenis van Urologie verduidelik en vertel aan die VLV dames en besoekers. Daar was hope vrae gewees aan Dr. Van der Merwe en elkeen is geantwoord

 

 

IMG_8916 (Small)

Dr. Amos van der Merwe in gesprek met een van die VLV dames.

 

 

‘n Groot opwinding van die maand se vergadering was die SWD sirkel konferensie se trofee wenners wat bekend gemaak is aan die res van die tak. Hier volg die lede wat eerste plekke behaal het op die SWD sirkel konferensie:

Elize Locke – Borduurwerk.

Linzetta Smit – Weefwerk, Druiwe en Waartlemoen Konserf

Elmarie Engelbrecht – Knoopwerk

Tineke Reinink – Hekelwerk

Elize Locke – geskenkdosie

Marie hough – Straattoneel foto

Dorina van Aardt – Resensie

Johlene Muller – Soetrissie sous

 

 

Nog vele ander inskrywings dra by dat die VLV Voëlvlei tak vir die tweede keer die trofee wen vir die tak met die meeste punte.  Voëlvlei het ook die trofee gewen vir “simply the best.” Baie geluk aan al die dames wat inskrywings gestuur het, die tak is voorwaar trots op julle.

 

 

IMG_8926 (Small)

Van die dames wat bekers ontvang het op die SWD sirkel konferensie

 

 

Die dames het hulle ook oortref met die jaar se marktafel. Elke lid moes ‘n  tuisgemaakte produk saam bring om te verkoop aan die einde van die vergadering. Die marktafel was besaai met kleurvolle produkte, van gebak tot plante asook hangemaakte produkte soos krale werk, boekmerke, skinkborde en nog vele meer. Die insiggewende middag is afgesluit met heerlike tee en verversings.

 

 

IMG_8933 (Small)

Slegs ‘n paar van die pragtige tuisgemaakte produkte wat te koop was (Foto deur: Brenda Vijoen)

Post a comment

sixteen + 19 =