VLV Voëlvlei leer van brood

 

VLV Voëlvlei leer van brood

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 28 Aug 2019

Sirkel: SWD

Tak:Voëlvlei

Portefeulje:Leefstyl

Beriggewer:Ada Gericke

Datum: 27 Augustus 2019

 

VLV Voëlvlei leer van brood.

Die Skrif sê dat ons nie van brood alleen kan leef nie,maar dit beteken nie ons hoef net van wit- of bruinbrood alléén te leef nie.  Die dames van Voëlvlei VLV het dit op ‘n baie interessante manier uitgevind by hul Augustus-vergadering.

Al gehoor van roomysbrood?  Of groenvye- en neutebrood?  Wat van appelbrood of brood met blokkies kaas binne-in?  Dis nou behalwe ciabbata en die ander ‘gewone’ brood wat algemeen bekend is.

 

 

 

 

Linzetta Smit het al hierdie verskillende soorte brood aan die lede kom bekendstel, die resepte en metodes gedeel, en les bes die voorbeelde saamgebring sodat almal kon sien en proe.  Die VLV Kaapland se nuwe resepteboek, ter viering van die organisasie se 90ste bestaansjaar, is ook oorhandig aan die dames wat gelukkig was om dit te bestel, en almal is trots daarop dat twee van die lede, Christine Beytell en Linzetta Smit se resepte daarin opgeneem is.

 

 

 

 

 

 

Reeva Pienaar, sekretaresse van VLV Voëlvlei vir die afgelope 17 jaar, is bedank vir haar uitsonderlike diens.  Annemarie van der Merwe is gekies as nuwe sekretaresse.  Cathy Klaassen is gekies op die bestuur in die plek van Mien Naudé wat aan die einde van die jaar na Oos-Londen verhuis.

Sandra Nolte het terugvoer gegee oor die pas afgelope kongres, en Sirkel SWD het weer goed gevaar.   Hannetjie Cordier het Voëlvlei se naam hoog gehou met haar trofee vir woordkuns – 2de plek.

Ander insette is gelewer deur Mien Naudé vir Openbare Sake wat meer inligting oor die AARTO-wetgewing gedeel het, en Ada Gericke vir Gesondheid het die belangrikheid van die korrekte gebruik van Omega 3-vetsure beklemtoon.

Die kompetisies het soos gewoonlik  baie belangstelling uitgelok, en pragtige artikels van ou denim, Jan Smutskoekies, Amigurumi hekelwerk en ‘folded bookart’, het net weer die dames van Voëlvlei se talente vertoon.

 

 

 

Hannetjie van Lill

 

 

 

 

 

 

 

 

Jan Smutsies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Trofee en VLVK Kookboek

 

 Vye en Neute brood

 

 

Post a comment