VLV Villiersdorp “glamorous” op 85!

VLV Villiersdorp “glamorous” op 85!

Posted by VLV in News, Villiersdorp Tak 11 Jun 2014

Sirkel: Overberg
Tak: Villiersdorp
Portefeulje: Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Hermien van Zyl
Datum: 10 Junie 2014

Dit het alles begin met ‘n telefoonoproep aan Johanè Neilson, kosredakteur van Tuis-tydskrif.  “Kom demonstreer asseblief vir ons jou ouma, Jonni Loubser, se Glamour Cake op 10 Junie wanneer ons VLV-tak ons 85ste verjaarsdag vier.”

Met Tuis-tydskrif wat ook hulle 10de verjaarsdag in Junie vier, kry die +100 lede, oud-lede en gaste van sover as Gansbaai, by VLV Villiersdorp se verjaarsdagtee toe nie net tannie Jonni se Glamour cake nie, maar ook Tuis se eie verjaarsdagkoek op fyn-porselein koekbordjies.

Johanè Neilson (2de van links) saam met Johlene Viljoen (voorsitter Villiersdorp) en Mareen de Wet (taksekretaresse) en heel links Carine le Roux van De Malle Meul-restaurant in Philadelphia (Johanè se niggie wat haar vergesel het) by die Glamour Cake en die variasies van die Tuis-verjaarsdagkoek.

Johanè met haar variasie van ouma Jonni se Glamour Cake. Carine le Roux het belowe dat hierdie besondere familie-erfenis op De Malle Meul se spyskaart sal voortleef.

Johanè met haar variasie van ouma Jonni se Glamour Cake. Carine le Roux het belowe dat hierdie besondere familie-erfenis op De Malle Meul se spyskaart sal voortleef.

Hermien van Zyl, Overberg se sirkelpresident en voorsitter van VLV-Villiersdorp 1994 – 2006, het die geskiedenis van die tak geskets sedert 9 Junie 1929 toe 23 vroue op moontlik net so ‘n ysige wintersdag in die ou kerksaaltjie ‘n tak gestig het van die Vroue-Opbouvereniging. Hierdie vrouevereniging is reeds ‘n paar jaar vantevore deur mev Maria Stofberg van Stettyn in die nabygeleë boeregemeenskap van Rooihoogte begin. Mev F.K. Siebrits was die eerste voorsitter van Villiersdorp en saam met mev Stofberg was sy in Oktober 1929 op Franschhoek een van die stigterslede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.
Daar is in die besonder stilgestaan by die 50er en 60er jare toe die De Villiers Graaff skole op die dorp ‘n bloeityd beleef het, en die VLV kon put uit die kundigheid van hierdie bekwame onderwysers en hulle eggenotes. Daar was baie oud-leerders, en selfs ‘n oorlewende kollega of twee, van Johanè en Carine se oupa en ouma, mnr Sloffies en tannie Jonni Loubser. Hierdie begaafde egpaar het diep spore, veral op kulturele gebied, in die dorp getrap. Feitlik maandeliks is genotuleer dat een of albei van hulle by die VLV opgetree het met ‘n sangitem, soms met ‘n duet, soms saam met van die dorp se ander sangtalent of as begeleier. Hulle het ‘n musiekkultuur op Villiersdorp help vestig wat vandag nog voortleef en was betrokke by talle opvoerings, kooruitvoerings, Volkspelesaamtrekke en konserte.
Jonni Loubser was ook bekend vir haar pragtige waterverfskilderye en kunsnaaldwerk. By geleentheid het sy by die VLV oor Hardangerwerk gepraat en afgesluit met die gedagte “Take pains to encourage the beautiful, the useful encourages itself.” Net so “beautiful” was die Glamour Cake met sy pienk frosting en bloedrooi kersies wat tannie Jonni se spesiale dankie sê-geskenk was aan ‘n vriend vir ‘n kissie perskes of hanepoot wat sy kon verwerk.

Lede en gaste het met groot belangstelling deur die takalbums geblaai. LNR Fatima Pestana, Mara Viljoen (‘n gas), Marie Swart (erelid) en Rolina Roux (‘n vorige visevoorsitter van Villiersdorp en tans lid van Strand tak) onthou weer al die lekker tye by die VLV.

LNR Johlene Viljoen (voorsitter 1987 – 1993, en weer sedert 2010), Elizette Bosman (voorsitter 1984 – 1986) en Hermien van Zyl (voorsitter 1994 – 2006) saam met Johanè Neilson van Tuis en haar niggie, Carine le Roux, van De Malle Meul-restaurant in Philadelphia.

Post a comment

eighteen − 18 =