VLV Uitenhage-tak is verras met ‘n lid wat puik dig

 

VLV Uitenhage-tak is verras met ‘n lid wat puik dig

Posted by VLV in News, Uitenhage Tak 18 Aug 2015

Sirkel:  Middelland

Tak:  Uitenhage

Portefeulje:  Leefstyl en Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Lynette Martin

Datum:  18 Augustus 2015

 

Elbe Draai het ‘n gedig geskryf oor haar liefde vir blomme en blommerangskikking. Sy het aan ‘n kompetisie van ,,The Poet Institute of South Africa” deelgeneem en tot haar verbasing is sy as die wenner van die kompetisie aangewys. Die gedig is later in die bundel ,,Woorde van Waarheid” publiseer. Sy het die gedig opgedra aan mev. Elsie van der Walt by wie sy geleer het om blomme te rangskik.

 

 

Dit is interessant dat dit by blommerangskikking gaan oor die gevoel wat jy wil oordra en:

  • *dat die kleurwiel baie belangrik is;
  • *die potjie vul met loof en die oasis heeltemal bedek;
  • *werk altyd van onder na bo en
  • *daar moet ‘n sentrale punt wees;
  • *Die donker blomme kom onder en die ligter kleure boontoe;
  • *ten minste drie verskillende soorte blomme gebruik en
  • *oop rose is nie geskik nie;
  • *roosknoppe moet gebruik word.

 

 

DSCN0218

Foto:  Elbe Draai by die rangskikking, die sertifikaat wat sy ontvang het en die digbundel waarin haar gedig verskyn.

Post a comment

10 − five =