VLV Porterville Kuier in Italië

 

VLV Porterville Kuier in Italië

Posted by VLV in News, Porterville Tak 16 Apr 2015

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  16 April 2015

 

2

Leefstylkomitee saam met sprekers: Erna la Cock, Karen Richter, Lydia Liebenberg, Damon en Elcia de Foglio, Mary-Ann van Schalkwyk, Wena van der Merwe en Gretha Cronje.

 

Elcia, getroud met ‘n Italianer, gee ‘n kort oorsig oor Italië, bekend vir parfuum, mode, musiek, kuns, kos en nog vele meer.  Die land met sy bekende skoenvorm bestaan uit verskillende streke met verskillende gewoontes, dialekte en kosvoorkeure.  Olywe, wyn en 400 verskillende kase is produkte uit die vrugbare valleie.

 

Sicilië is ‘n eiland met mooi helderblou see met olyf- en suurlemoenbome en baie visgeregte  en canneloni.  Die suide is pastawêreld en in die noorde is rys, risitto’s en ligte rooiwyn. Na- pels is die huis van pizzas.  Dit was oorspronklik gemaak as platbrode met growwe sout en olyfolie.  Die Margaretha-pizza, met tamatie, mozarella en basilie is vernoem na koningin Mar-garetha.  Rome is bekend vir sosaties.  In Abruzzo is neute vrylik beskikbaar.  Toscana is be-kend vir hul olyfolie en Parma vir die Parmasankase.  Venesië is bekend vir suiwer Italiaanse rysgeregte.

 

1

Plekmatjies gedek vir die pasta-ete met ‘n dankgebed in Italiaans.

 

Die rol van familiebande is kardinaal en hul vorm ‘n geslote eenheid.  Eet is vir hulle baie be-langrik en etenstye saam met familielede hou lank aan.  Troues is gewoonlik ‘n groot feestelik-heid met baie kos en groot vate wyn en bestaan uit ‘n voorgereg, pastagereg, hoofmaaltyd met vis of vleis, slaaie, vrugte, kase en dan die troukoek, gewoonlik ‘n roomkoek met sjampanje en Espresso en baie musiek.  Dit kan ook ‘n waatlemoenpitspoegkompetisie insluit!  Gereelde hu-welike was vroeër aan die orde van die dag, maar het ook al verander en deesdae kyk oumas dikwels na die kinders terwyl die ma weg van die huis werk.  Alle kos word self met die hand voorberei, maar omdat vroue nou ook die arbeidsmark betree het, koop die jonger vroue kos en kan die gebruik dalk uitsterf.

 

Die Italianers glo nog aan Siesta en alles word dan gesluit tot 16:00.  Na werk ontspan hulle op die pragtige pleine met fonteine.

 

Die Italiaanse vlag het ‘n godsdienstige-, ‘n geskiedkundige-, en kossimboliek onderskeidelik:  Groen: Geloof, Vrugbare valleie, Basilie;  Wit:  Hoop, Sneeubedekte Alpe, Knoffel;  Rooi:  Liefde, Bloedvloeiing met oorloë en Tamatie.

3

 

Damon en Elcia de Foglio besig om varsgemaakte paste met pastamasjientjie te maak.

 

Elcia demonstreer varsgemaakte pasta met die hulp van ‘n pastamasjientjie.  Damon, haar seun, deel die oorsprong, feite en vorms van pasta met die vergadering:  Oorsprong:  Dit is moeilik om te bepaal watter land eerste die dis uitgevind het omdat Grieke, Jode, Arabiere, Noord-Afrika en die Romeine daarop aanspraak maak.  Feite:  Dis ‘n tradisionele stapelvoed-sel van Italiaanse geregte.  Daar is 310 vorms pasta, kan plat, pypies, kort, lank, velle, asook gestopte vorms soos ravioli en tortellini wees en name verander in elke provinsie.  Daar is drie wyses van bediening:  gekook met ‘n sous, in sop as basis en gebak soos lasagne.  Vars pasta moet nie met baie sous geëet word nie.  Die sous kan wel met ‘n stukkie brood, genoem Scarpetta, klein skoen-tjie, geëet word.  Voedingswaarde:  Pasta bevat stysel, maar ook vitamiene en minerale. As dit van semolina gemaak is, het dit proteïen en gluten.  Pasta is ‘n gesonde dis sonder die ryk souse wat die vetinhoud verhoog.  Dit bly lekker en Italianers het dit vervolmaak.

 

 

Post a comment

fifteen + 20 =