VLV NOK Stalletjie by Buffelfees

 

VLV NOK Stalletjie by Buffelfees

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 25 Oct 2014

Sirkel: Noord Oos Kaap
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 25 Oktober 2014

 

 

Die dames van VLV NOK se takke, nl. Dordrecht, Jamestown, Lady Grey, Molteno, Queenstown, Sterkstroom, Steynsburg en Ugie, het hierdie jaar net weer bewys hoeveel talent hulle het. Elke tak het ‘n klompie handgemaakte items voorsien wat gelukspakkies, koekies, fudge, gebreide items, springmielies, sjokolades,vrugteblokkies en baie kunsartikels ingesluit het. Toe die VLV se Buffelfees- span Vrydagoggend die pakkies begin uitpak op die tafels het hulle verslae gestaan oor die hoeveelheid wat deur die VLV lede geskenk is om te verkoop as deel van die VLV NOK se fondsinsameling! Daar is duidelik soveel moeite gedoen om alles mooi en keurig te maak vir die stalletjie!

 

 

2. Tuisgebak

 

 

Met die hulp van Ds. Dewald Davel van Molteno is die tent sommer gou-gou opgerig en kon die dames onder die koelte van die tent wegkruip. Baie dankie aan Hilda van der Walt en Antoinette van Pletzen van die Jamestown tak, Irma Davel van die Molteno tak en Marieka Bekker van die Dordrecht tak wat die stalletjie behartig het. Verkope is sommer al gedoen terwyl die dames besig was om uit te pak! Teen laatmiddag moes die dames vlug vir die son en hitte en het hulle hul stoele na die oorkantste buurstalletjie gedra en daar, elk met ‘n ysie/koeldrank in die hand die res van die middag gesellig gesit en kuier so tussen die verkope deur.

 

 

1. VLV NOK Stalletjie

 

 

Saterdag was ‘n baie besige dag by die VLV NOK stalletjie en is ons dankbaar om te noem dat ons ‘n baie mooi bedrag bymekaargemaak het. Dankie aan die Laerskool vir die geleentheid om deel van die Buffelfees te kon wees. Baie dankie aan elke lid wat bydraes gemaak het, julle het die Buffelfeesstalletjie ‘n reuse sukses gemaak!

 

 

Tot volgende jaar, VLV NOK Groete!

 

 

3. Marieka Bekker, Antoinette van Pletzen en Irma Davel

Marieka Bekker, Antoinette van Pletzen en Irma Davel

Post a comment

fifteen − fourteen =