Vlv Leer van Fossiele

 

Vlv Leer van Fossiele

Posted by VLV in Murraysburg Tak 15 Apr 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Portefeulje:  Opvoeding

Beriggewer:  Mette Kromhout

Datum:  15 April 2015

 

 

Die hoofonderwerp van die vergadering oor opvoeding van Hannelize van Heerden was  fossiele,  wat in die Murraysburg-distrik aangetref word. Lina van der Berg het die lede ook bewus gemaak van die belangrikheid van die veilige verwydering van e-rommel.

 

DSC02477 (Custom) (2)

 

Alida Vermeulen  het  verduidelik dat die aarde soos ‘n ui uit verskillende lae bestaan en dat van die lae plek-plek weens vulkaniese uitbarstings en oorstromings verweer en verdwyn het.  Die Karoo is geleë in van die dieperliggende lae en dateer uit die Middel Perm periode, ongeveer 240 miljoen jare gelede.

 

Michaella Kingwill het in 1999 ‘n interessante klip op Badsfontein opgetel wat na die destydse Universiteit van die Witwatersrand gestuur is.  Volgens hulle ontleding is dit ‘n fossiel so 253 miljoen jaar oud.  Die wetenskaplike naam is Gorganopsian Rubidgea.  Dit is die kopbeen van ‘n hondagtige dier.  Duidelike ruggraataanhegtings kan onderskei word,  sowel as die oogkaste en ‘n slagtand.

 

Op die plaas Brookfield is daar op die berg ‘n versteende woud en in die vlakte op Stellenboschvlei is ‘n besonder groot versteende boom aangetref.  Dit het seker met die rivier afgespoel. Op Grootdriefontein is ‘n kopbeen,  wat sowat 251 miljoen jaar oud is,  in die rivier gevind.  Dit is ongeveer so groot soos ‘n bees se kopbeen.

 

Op Kareebosch en Hartebeesfontein  is heelwat fossiele in klip en op Onderstetuin  is versteende spoortjies wat vermoedelik 180 miljoen jaar gelede as gevolg van vulkaniese uitbarstings ontstaan het.

 

Danksy groot foto’s wat Hannelize van Heerden laat maak en uitgestal het,  kon die lede ‘n mooi voorstelling van die fossiele kry.

 

 

Post a comment

6 − 3 =