VLV leer Ondernemingsgees

 

VLV leer Ondernemingsgees

Posted by VLV in Vredendal Tak 18 Sep 2014

Sirkel:  Namakwaland

Tak:  Vredendal

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  A Beelders

Datum:  18 September 2014

 

 

vredendal1

 

 

Marius Redelinghuys, oogkundige by Maartens Oogkundiges op Vredendal, se  ander passie is kosmaak, meer spesifiek gebak. By ‘n VLV vergadering op Vredendal demonstreer hy hoe om daardie spog nagereg, ‘n Pavlova, te maak kompleet met  ‘n klaar een, sodat almal kan proe. Hy het ook al vir die Kokkedoor kosmaakprogram ingeskryf, en vertel van sy ondervindings daar. ” Daardie mense weet van kosmaak ! ”  sê hy .

 

 

vredendal

 

 

Willien de Kock het weer die trourok wat sy vir haar dogter gemaak het, n eerste ooit, uitgestal.  As sy vertel van al die probleme om die asemrowende skepping gemaak te kry,kan jy net saam met haar verlig voel dat alles so goed afgeloop het.

 

 

Daar was ook hartseer betrokke met die maak van die rok. Haar oudste suster by wie sy naaldwerk geleer het en haar in alles bygestaan het, is in die tyd oorlede. Willien voel dat alles wat saam met die trourokmakery gebeur het, het haar ‘n dieper vertoue in haar Skepper gegee.

Post a comment

13 − thirteen =