VLV Herbertsdale stap vir Vriendskapsmunte!!

 

VLV Herbertsdale stap vir Vriendskapsmunte!!

Posted by VLV in Herbertsdale Tak 16 May 2015

Sirkel:  SWD

Tak:  Herbertsdale

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Emsie Marx

Datum:  16 Mei 2015

 

 

VLV Herbertsdale het op Saterdag 16 Mei 2015 op die wynplaas Jakkalsvlei gaan stap om geldjies bymekaar te maak vir hulle vriendskapsmunte wat hulle alreeds in Februarie 2015 oorbetaal het.

 

 

Scan3 (Custom)

Die pragtige wingerde

 

 

Suzanne Jonker het al die reëlings getref.  Op ‘n ideale Saterdagoggend, nie te warm of te koud nie, het die dames om 10h00 by Jakkalsvlei gearriveer.  Nou nie te veel lede nie, maar darem ook nie te min nie, selfs ‘n paar vriende en familie ook…  Nadat almal ‘n inskrywingsgeldjie of ‘n donasie gegee het, het hulle gaan stap.

 

 

Scan2 (Custom)

Emsie Marx, Martie Müller en Nel-Marie Müller

 

 

Die gesellige geselsery tuseen die wingerde was heerlik en die uitsig asemrowend.  Na die stap het hulle gesellig saam verkeer, en koffie en eetgoedjies geniet.  Hulle het selfs elk ‘n glasie wyn gedrink!

 

 

Dit was ‘n heerlike, gesellige oggend wat VLV-bande versterk het!

 

 

Scan1 (Custom)

Al die ywerige stappers bymekaar.

 

Post a comment

three × 5 =