VLV Herbertsdale besoek Monroe Theatre

 

VLV Herbertsdale besoek Monroe Theatre

Posted by VLV in Herbertsdale Tak 23 Jun 2015

Sirkel: SWD

Tak:  Herbertsdale

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:   Emsie Marx

Datum:  23 Junie 2015

 

DSCN4434 (Custom)

Carin Muller by foto’s van ou filmsterre

 

Monroe Theatre en die winkel Déjà Vu is alom bekend in Mosselbaai, en word gereeld deur die inwoners besoek.  Buite seisoen word daar 1 tot 2 keer per week gefliek, maar gedurende vakansies word daar sommer elke dag gefliek!  En Monroe Theatre spog met toeriste van verskeie lande, wat na die vertonings kom kyk: Russe, Kanadese, Europeërs, Amerikaners…  Joan en De Waal Carstens het gereeld in Rosebank by Cinema Nouveau na kunsflieks en ‘ou’ flieks gaan kyk, en het dit baie gemis nadat hulle hulself in Mosselbaai kom vestig het.  Daarom het hulle hierdie winkel in 2007 geopen en in 2010 met Monroe Theatre begin,

 

DSCN4437 (Custom)

Die VLV lede van Herbertsdale uitgedos in Déjà Vu se vintage bykomstighede.

 

 

Die lede van Herbertsdale VLV het Monroe Theatre op Dinsdag 23 Junie besoek en is met hulle aankoms toegerus in vintage stolas en hoede.  Die dames se moderne uitrustings is pragtig afgerond met vere en pels en hekelwerk, en die fotograaf moes bontstaan om die vroue se vrolike pret in foto’s vas te vang.  Na ‘n heerlike ligte ete het die dames reggeskuif vir die fliek.

 

 

DSCN4449 (Custom)

Voorsitter Emsie Marx  (regs)  en sekretaris Irma Muller

 

 

“GENTLEMEN PREFER BLONDES” met Marilyn Monroe, Jane Russel en Charles Coburn.  ‘n Pragtige ‘skoon’ fliek met fyn humor  –  die ‘dom’ blondine wat die regte keuses maak en die regte besluite neem, soos wat sy in die fliek sê:  “..When it is important!”  En toe die vryer se pa haar daarvan beskuldig dat sy net oor sy seun se geld met hom wil trou, antwoord sy met die fraaiste pruilmondjie:  “No sir, I want to marry him for YOUR money!”  Dit was die eerste keer dat van die dames Marilyn Monroe in ‘n rolprent beleef en hulle kon toe sommer ook verstaan waarom ‘n Amerikaanse president die kluts kon kwytraak!

 

 

Die dames het die fliek en die middag regtig geniet en VLV-bande is sommer weer versterk!

 

 

DSCN4450 (Custom)

Karen Müller en 2 potensiële VLV-lede:  Helène Müller en Emmie Marx

 

Post a comment

19 − 18 =