VLV dien die gemeenskap

 

VLV dien die gemeenskap

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 21 Jul 2017

 

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Openbare Sake

Berriggewer: Erika Kotzé

Datum: 20 Julie 2017

 

Openbare Sake vergadering identifiseer gemeenskapsprojekte:

Nieuwoudtville VLV se Openbare Sake portefeulje het op 20 Julie 2017 in die kerksaal ‘n dinkskrum gehou om gemeenskapsprojekte te identifiseer.

Span 1: Skryfbehoeftes vir skoolkinders

Span 2: Verfraaiing van die dorp

Span 3: Leer hul positiewe ingesteldheid

Span 4: Help behoeftige met matriekafskeid

Span 5: Herwinning en skoonmaak

 

Dinkskrum – Linda Meyer heel regs

 

Linda Meyer bedank almal en sy sal ‘n opsomming maak van die projekte. Terugvoer kan gegee word aan linda.meyer02@gmail.com

 

Dit is belangrik dat die VLV wys wat hulle vir die gemeenskap doen!

 

Hoe meer jy gee, hoe meer ontvang jy in die proses.

 

 

 

 

 

Dit was Mandie se eerste vergadering as die nuwe voorsitter van Nieuwoudtville.

 

Mandie en Heidi

 

Lede het deelgeneem aan die volgende takkompetisies: foto van voëlneste, droë blomme, “soap on a rope”, lemoentert, blomkool atjar asook ‘n gedig oor “Ligvoets deur die lewe”.

 

Post a comment

five + seventeen =