VLV bring hulde aan André P. Brink

 

VLV bring hulde aan André P. Brink

Posted by VLV in Murraysburg Tak 11 Feb 2015

Sirkel : Noord-Karoo

Tak : Murraysburg

Portefeulje: Kunste en handvlyt

Beriggewer: Mette Kromhout

Datum: 11 Februarie 2015

 

Maretta Theron het tydens haar vergadering op 11 Februarie hulde aan die ontslape André P. Brink gebring.

 

Murraysburg

 

Brink se onverwagse heengaan tydens die vlug terug na Suid-Afrika nadat hy in België  ‘n eredoktorsgraad ontvang het,  laat ‘n groot leemte aangesien hy met die woord in Afrikaans baie gedoen het om verandering in Suid-Afrika te bewerkstellig.

 

Met doodgewone Afrikaans het hy baie lesers betrek en sodoende nuwe status aan Afrikaans gegee.  Sy liefde vir die literatuur is deur sy moeder aangewakker en was hy dan ook wydbelese.  Brink het ook heelwat in Engels geskryf.

 

Al is sy lewe kort voor sy tagtigste verjaarsdag kortgeknip,  is sy reuse bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onsterflik.

 

Hannelize van Heerden en Maretta Theron het die opvoering van “War Horse” in die Kaap meegemaak en kan nie oor dié skouspel uitgepraat raak nie.  In  die verhaal wat in die eerste Wêreldoorlog afspeel en aangrypend is,  is die reuse mensgemaakte perd, wat deur drie persone beheer en aktiveer word,  onteenseglik die middelpunt.

 

Die perd is baie lewensgetrou in Suid-Afrika gebou.  Nie net is sy liggaam beweeglik en elke spier se sametrekking sigbaar nie,  maar sy oë en gesig gee emosies weer.  Die dekor is minimalisties met die perd as middelpunt.

 

Adri Smit se demonstrasie om ‘n yskasmagneet te maak,  het verskeie dames gemotiveer om haar dit na te doen.

Post a comment

ten + 4 =