VLV Boekbederf

 

VLV Boekbederf

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 06 Dec 2018

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 5 Desember 2018

 

Aberdeen VLV verras die kinders van die Bambino Sopkombuis met ‘n Kersparty in lid Jean Watermeyer se tuin.  Lea van der Vyver verwelkom almal en vertel wat die middag gaan gebeur.  Die kinders open met die Onse Vader gebed.  ‘n Boekie, geskenk deur Bargain Books, word aan elke kind oorhandig en Annalie Lategan vertel die storie terwyl hulle blinkoog luister en hulle eie boekies deurblaai.  Annalie lees ook die Kersverhaal uit die Kinderbybel voor.  Daarna deel lede koek en koeldrank uit waaraan heerlik gesmul word.

 

Bambino kinders met hul tannies Leonie en Jane, asook VLV lede

 

Storietyd met Annalie Lategan

 

Kinders met hul koek en koeldrank

 

 

 

Post a comment