VLV betrek oues By “Women Walk The World”

 

VLV betrek oues By “Women Walk The World”

Posted by VLV in Murraysburg Tak 29 Apr 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Portefeulje:  Gesondheid, Openbare Sake, Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Mette Kromhout

Datum:  29 April 2015

 

 

Onder leiding van die VLV-voorsitter, Renée Swanepoel, het ‘n aantal lede, nie-lede en selfs twee kinders op fietse op Woensdag 29 April die inwoners van Huis Spitskop, wat nog enigsins kon, gehelp om deur die dorp te stap.  Ander is met die hulp van die personeel in hulle rolstoele gestoot.  Die roete was vanaf die ouetehuis, langs die kerk verby voor die pastorie langs tot by die hoek waar die Avenants (eienaars van Kay’s) woon.  Vandaar reguit na Beaufortstraat en voor die stadsaal verby terug na die ouetehuis.  Dit was vir die inwoners ‘n wonderlike ervaring om weer deel van die dorp te kon wees en ontvang hulle dan ook ‘n soetigheidjie en kaartjie om hulle aan die geleentheid te herinner.

 

 

Murraysburg-20150429-00043

Post a comment

one × one =