VLV beoordeel Kuns

 

VLV beoordeel Kuns

Posted by VLV in Aberdeen Tak, News 25 Nov 2017

 

Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 24 November 2017

 

Neil Pienaar, onderwyser by Kamdebo Laerskool in Aberdeen, het die VLV genader om leerlinge se kunswerke te beoordeel.

 

Die beoordeling is gedoen deur Estelle van Wyk, ‘n afgetrede kunsonderwyseres en Annalie Lategan wat self baie kunstig is.

 

Leerders van graad 4-7 het potloodsketse gedoen in drie temas, nl wilde weste, natuurtoneel en ope afdeling.  Die wenner in elke graad het ‘n R100 kontantprys gekry wat tydens die jaarlikse prysuitdeling by die skool oorhandig is.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kamdebo Laerskool kunswenners vir elke graad vlnr Zina May, Nathan Maupley, Christiano Koopman en Maurizio de Jager by hul trotse onderwyser, Niel Pienaar.  Afwesig: Daneal Douglas

 

 

Post a comment

four + three =