Visboerdery in die Karoo kan suksesvol wees

 

Visboerdery in die Karoo kan suksesvol wees

Posted by VLV in Murraysburg Tak 16 Sep 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Mette Kromhout

Datum:  16 September 2015

 

 

DSC02505

 

Elana Grobler vertel van haar besoek aan die aquakultuur wat Liesl en Stephen de la Harpe naby Wolwas by Graaff-Reinet begin vestig het.

 

Aangesien die natuurlike visgetalle om S.A. sterk aan die afneem is,  wil die De la Harpes op ‘n kernplaas van 6 ha die visse laat uitbroei en dan in tonnels op ander plase volwassenheid laat bereik.  Wanneer die volle projek in werking is, sal meer as 3 000 nuwe werksgeleenthede geskep wees en sal daar in groot maat vis aan voedingskemas,  tronke,  hospitale en skole verskaf kan word.

 

Met hierdie projek word die gevolge van die afneem van die natuurlike visbronne aangespreek.  Opleiding sal verskaf en voedselsekuriteit bevorder word.  Boonop sal die projek tot die volhoubaarheid van die omgewing bydra.

 

Van die eier totdat die vis van ongeveer 1 kg bemark word, neem bykans 25 weke.    Die voeding is wetenskaplik en word baie presies volgens elke vis se gewig gedoen.  Klein vissies kry vyf keer per dag kos terwyl die groter visse met drie maaltye per dag tevrede moet wees.  Montego vervaardig die kos.

 

Die hele projek is nog in die ondersoek- en toetsfase om die volhoubarheid daarvan te verseker,  maar sal hopenlik binne ‘n paar jaar volledig operasioneel wees.  Die ontwikkeling kan danksy verskeie borge,  waaronder die ECDC (Eastern Cape Developement Corporation),  geleidelik tot volle potensiaal groei.  Die finale produk word as Karoo Catch bemark.

Post a comment

five × two =