Vinnige Fotografie

 

Vinnige Fotografie

Posted by VLV in Wellington Tak 20 May 2015

Sirkel:  Paarl

Tak:  Wellington

Portefeulje:  Kuns & Handvlyt

Beriggewer:  Juanita Loubser

Datum:  20 Mei 2015

 

 

2

Produkte vir die Stillering

 

 

En die tyd om te begin is NOU!. Lede van die tak is in groepe verdeel en elke groep skarrel na ‘n tafel gelaai met kleurvolle vars groente. Elke span moet ‘n bord stileer vir die fotograaf, Johan Dempers. “Julle het nog 20 sekondes oor, begin afrond asseblief”. Die spanne draai en swaai en groepeer en sentreer op die verskillende borde. Sommige is gelaai en ander is weer meer minimalisties.  “Staan weg asseblief, jul tyd is verstreke.

 

 

3

Johan Dempers aan die woord en beoordeel borde

 

 

Johan Dempers is ‘n plaaslike fotograaf en veral bekend vir sy lugfoto van Kaapstad. Sy groot taak is om al die borde te beoordeel en dan uit te lig wat is foutief en wat is goeie beplanning en stilering gewees.

 

 

Sy primêre beginsels vir fotografie: “keep it simple”. Jy hoef nie ‘n hele bord af te neem nie. Net ‘n gedeelte of segment daarvan. Gebruik vars produkte vir beter kleur en tekstuur.  Beligting is belangrik. Kyk waarvandaan jou natuurlike lig kom asook lig skyn.  Lig van agter gee “rim lighting” en is baie goed by kos beligting.  “Props” soos houtplank, lepel of glas lyk meer natuurlik .  ‘n Hand in foto gee “human relation” tot die foto.  Moenie groente of vleis te gaar maak voor afneem nie. Dit kan die kleur beïnvloed. Neem uit verskillende hoeke af.  Spuit water of kos sproeimiddel op blare of slaai om varser te vertoon.

 

 

Kyk vir “leading lines” –die oog volg lyne. Shutter speed= spoed waarteen foto geneem word. Stadige spoed vir wyn wat vloei en vinnige spoed vir iets wat spat.  ISO= filmspoed. Lae ISO =beter foto in kwaliteit en hoë ISO is die gehalte swakker.  Driepoot gee stabiliteit, veral in lae lig omstandighede .Let ook op ‘n fokuspunt en hoogte.

 

 

‘n Vinniger fotografie les kon niemand gevra het nie. Met soveel info gelaai en in die agterkop, is Wellington tak reg vir enige foto hetsy met selfoon, tablet, Canon, Nikon of watter kamera ook al in die hand.

 

 

1

Tafelversierings vir die Herfs

 

 

4

Kompetisie items vir die hekelwerk

 

 

6

E-Waste bydra- Emmie Malan, Ezla Ritter, Karen Barnard en Reinette Jurgens

 

Post a comment