Victoria-Wes skop af met ‘n Potpourri

 

Victoria-Wes skop af met ‘n Potpourri

Posted by VLV in Victoria-Wes 24 Jan 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Studierigting:  Potpourri-vergadering

Datum:  24 Januarie 2015

Beriggewer:  Elize Perrin

 

 

Die Victoria-Wes dames is elk met ‘n potlood verwelkom.  Die opdrag daarmee saam is dat dit aangewend moet word om al die jaar se seëninge mee neer te skryf.

 

 

Mevrou Sinclair was eerste aan die word en het ‘n tuinliggie, wat uit ‘n vrugtefles bestaan, aan die dames getoon.  Dit werk met batterye en word deur sonlig herlaai. Vir versiering kan skulpies, klippies en ‘n woestynrosie in die bottel geplaas word. Tuinmaakwenke vir Februarie is ook deurgegee.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Victoria-wes Akademie se hoofseun en –dogter het vir opvoeding en kultuur opgetree. De Angelo Prins het gedurende die Desembervakansie Die Burger se jaarlikse prestige Jeugleierskonferensie in die Die Burger Strandhuis te Kaapstad bygewoon.  Hy het sy ervaringe met die dames gedeel.  Belinda Barnard was daarna aan die woord en het haar drome vir die skool met die dames gedeel.  Een daarvan is om leerders te motiveer sodat die skool weer ‘n 100% matriekslaagsyfer kan behaal (Die afgelope jaar se slaagsyfer was 84%).

 

 

Mevrou Perrin het vir kunste en handvlyt aan die dames getoon hoe hartjies van materiaal- of lintstrikkies gemaak kan word.  ‘n Ou braairooster is ook ingespan as ‘n herinneringsbord.  Prente (van kinders of kleinkinders), foto’s, briefies en vele meer kan met wasgoedpennetjies of lintjies aan die braaier vasgeheg word.  Dit kan in die kombuis, op ‘n stoep of braaiplek uitgestal word.  Die voordeel is dat die foto’s, ens kort-kort verander kan word.

 

 

Toerisme is onder Openbare sake bespreek. Me. Perrin het daarop gewys dat Victoria-Wes tans nie veel het om aan die toeris te bied nie en dat dit ‘n saak is wat aandag sal moet geniet.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Vir Leefstyl het me. Sinclair aan elke dame ‘n servet uitgedeel met die opdrag om dit op ‘n interessante manier  te vou. Sodoende is oulike tafeldek-idees met mekaar gedeel.

 

 

Voor tee en verversings geniet is, het me. Jeppe verskeie gesondheidswenke met die dames gedeel.  Sy het onder andere genoem dat brandwonde met niks behandel moet word nie.  Slegs koue kraanwater kan aangewend word voordat die persoon na ‘n dokter geneem word.  Dit is ook goed om altyd suikerlose kougom in jou handsak te hê vir die oomblikke wat ‘n tandeborsel nie naby is nie.

Post a comment

nineteen − 7 =