Victoria-wes se afsluiting

 

Victoria-wes se afsluiting

Posted by VLV in Victoria-Wes 18 Oct 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-wes

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 18 Oktober

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Die VLV dames was bevoorreg om, na ‘n paar koel dae, ‘n heerlike sonskyndag te kon geniet met hulle afsluiting op 18 Oktober.  Net na half tien het die dames vertrek na Camp Nguni, ongeveer dertig kilometer buite die dorp, na waar die afsluitingsfunksie  sou plaasvind.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Almal is hartlik welkom geheet deur MD en Carin Oberholzer, die eienaars van die plaas.  Voordat die verrigtinge kon begin het almal hul eers verkyk aan die mooi omgewing. Na ‘n kort vergadering in die lapa het die dames oorbeweeg na die restaurant vir ‘n stewige noenmaal.  Carin en haar helpers het geen moeite ontsien om dit vir die dames aangenaam te maak nie.  Tussendeur is gekuier soos net vrouens kan.

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

 

Nou was almal gereed vir die wildrit.  Eers was dit ‘n gespook om ,onder groot gelag, almal op die voertuig te kom.  Willinie en Santjie het in die kleiner voertuig saam met Carin gery, terwyl MD kans gesien het vir die res van die dames.  Eerste om gesig te wys was die Elande.  Daarna kon die renosters van naderby beskou word.  Kameelperde, swartwitpens- en waterbokke is net ‘n paar van die wild wat ook gesien is.

 

 

Op pad terug na die kamp het MD (vir ‘n kort entjie) die dames se vrees-vlakke bietjie getoets toe ‘n redelike rowwe paadjie aangedurf is.   Gelukkig het hy senuwees van staal wat, ten spyte van d ie gegil en gegiggel, gewys het dat hy definitief ‘n bestuurslisensie het.

 

 

Na bietjie meer as twee ure was die lekkerte verby. Al die dames het saamgestem dat dit ‘n wonderlike manier was om n geseënde jaar mee af te sluit.

 

 

Post a comment

12 + thirteen =