Victoria-Wes leer meng-en-pas

 

Victoria-Wes leer meng-en-pas

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 19 May 2019

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Victoria-Wes

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Elize Perrin

Datum: 18 Mei 2019

 

‘n Opgeleide modeontwerper, Contessa Kruger, het die dames ingelig oor klerekasbeplanning. Sy het genoem dat uitrustings volgens bottom, top en baadjie saamgestel word.

 

Stap een is om ‘n paar goeie broeke/rompe in basiese kleure soos swart, grys, navy of bruin aan te skaf. Daarna kan toppies en baadjies aangekoop word. Met meng-en-pas kan baie uitrustings saamgestel word. Met bykomstighede soos serpe, krale ens kan waarde tot ‘n uitrusting gevoeg word. Met twee of drie paar goeie skoene kan ‘n mens ook ver kom.

 

Verskeie meng-en-pas uitrustings is aan die dames gedemonstreer.

 

 

 

 

 

Contessa Kruger gee wenke en demonstreer uitrustings.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die dames luister aandagtig

 

Post a comment