Verstaan jou kind

 

Verstaan jou kind

Posted by VLV in Douglas Tak 09 Jun 2015

Sirkel:             Kimberley en distrik

Tak:                 Douglas

Portefeulje:    Opvoeding

Beriggewer:   Hanneke Botha

Datum:           9 Junie 2015

 

 

 

Spreker van die dag  – Dr. Cornette Koster (links)

 

Foto 1 - Cornette (met die rooi serp) saam met Christine (Custom)

 

Cornette is ‘n pastorale berader wat sowat ‘n jaar in Douglas bly. Haar praatjie se tema is “Verstaan jou Kind”. Om jou kind te verstaan, moet jy eers jouself verstaan. Ouerskap is ‘n marathon. Konflikhantering, alkoholmisbruik en familiegeheime word oorgedra van geslag tot geslag. Daar is ‘n verskeidenheid van stadiums in ‘n kind se lewe wat ‘n groot invloed op hul ontwikkeling het :

 

*Swangerskap : ‘n babatjie kan onwelkom voel

*0-3 jaar : hierdie is die belangrikste tyd vir breinontwikkeling “attachment”/binding verwys  na ‘n spesiale verhouding met ‘n spesiale    persoon. By daardie persoon kry jy kalmte, troos en ervaar  pret, asook veiligheid en sekuriteit

*Voorskool : Kinders in hierdie ouderdomsgroep is bang om foute te maak. Grense en dissipline gee aan kinders struktuur.

*Skoolgaande : maats het ‘n groot invloed. Gesindhede en ‘n waardesisteem word gevestig. TV, maats en ouers het die grootste invloed op ‘n    kind se waardesisteem.

*Tieners : tydens hierdie stadium vind drastiese breinontwikkeling plaas. Gee jou tiener keuses. Vryheid en verantwoordelikheid is twee  kernaspekte.

 

Emosionele intelligensie bepaal ‘n persoon se sukses. 70% van kommunikasie is nie-verbaal. Kinders verskil van mekaar. Vier mekaar se verskille. Luister = tyd – kinders wil gehoor word. Die praatjie sluit af met lede wat van al ervaringe en stories (oor hul eie kinders) deel.

 

Foto 2 - Jacoline se demonstrasie (Custom)

 

Demostrasie – Jacoline wys  hoe om ‘n pragtige ligskakelaar-tou te versier. Sy gebruik “tigertail” en mooi krale. Sy demonstreer ook hoe om ‘n vilt hartjie te vleg. Sy gebruik ook hierdie hartjies om die tou mee te versier.

 

Foto 3 - Kompetisie inskrywings (Custom)

Die maand se kompetisie inskrywings

Post a comment

one × 2 =