Verskydenheids-oggend

 

Verskydenheids-oggend

Posted by VLV in Graafwater Tak 09 Sep 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Graafwater

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Kunste en Handvlyt

Berriggewer:  Marna Lambrechts

Datum:  9 September 2014

 

 

In ‘n baie opwindende en gesellige vergadering word vasvrae gehou oor Afrikaanse idiome.

 

 

Mev Claudia Lintvelt noem die moets en moenies van ‘n goeie skoonmoeder.  Daarna word ‘n vasvrae gehou oor liedere uit die FAK -bundel. ‘n Vraelys oor selfbegrip word uitgedeel om tuis self te gaan invul. Die vraag word gevra of ek ‘n goeie of swak vriend is. Claudia lees ook vir lede iets voor oor die “International buy a priest a beer day.”

 

 

Carol Loubser doen ‘n voorlesing uit ‘n boek van Nina Smit oor die krag van woorde.  Sy hou ‘n vasvra oor die ” ATKV Media Veertjies” toekennings.

 

 

Carol van Zyl vertel lede die geskiedenis van kerkmusiek so vroeg as die 14de eeu. Voorbeelde van verskillende liedboeke word tentoongestel. Ronel de Jongh begelei sekere liedere op klavier terwyl lede moes raai watter liedjies dit is.

 

 

Marna lees ‘n huldeblyk aan Ollie Viljoen, die bekende musikant wat onlangs oorlede is, voor.

 

 

 

graafwater

Post a comment

five + fifteen =