Verjaarsdagviering

 

Verjaarsdagviering

Posted by VLV in Victoria-Wes 22 Aug 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Geleentheid:  85ste verjaarsdagviering

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  22 Augustus 2015

 

 

SANYO DIGITAL CAMERA

Tobi Jooste en Ilse-Louise Herholdt.

 

 

Die plaaslike VLV tak se verjaarsdagviering het ‘n hoogtepunt bereik met die optrede van Tobi Jooste en Ilse-Louise Heroldt wat op 22 Augustus in die stadsaal plaasgevind het.  Die tak is op 23 Augustus 1930 gestig.

 

 

Die geleentheid is deur Elize Perrin geopen, waarna groeteboodskappe van mee. Maretha Badenhorst en Petria Bester voorgelees is.  Albei was vorige presidente van die tak.  Daarna is ‘n heildronk op die 85ste bestaansjaar van die tak ingestel. Voorts is me. Willinie Sinclair gelukgewens met haar tweede plek tydens kongres in die woordkuns afdeling.  Toe kon almal agteroor sit en die vertoning geniet.

 

 

Tobi, ’n boorling van die omgewing, het almal bekoor met sy mooi stem.  Ilse-Louise het ekstra glans aan die geleentheid gegee. Sy het ‘n doktorsgraad in musiek verwerf en kan sewe instrumente bespeel.

 

 

WP_20150821_10_39_14_Pro (Custom)

Die tafelversiering

 

 

Die tafels was smaakvol gedek, die vertoning puik en die kos heerlik. Die foto uitstalling het ook baie aandag getrek. Vriende kon lekker saam kuier en die besondere dag saam met die VLV-lede geniet.

 

 

verjaarsdagkoek (Custom)

Die verjaarsdagkoek

 

Dit is met groot dankbaarheid wat die tak terugkyk op 85 jaar; alle eer aan die Vader.

 

 

Post a comment

2 + five =