Vergemaklik jou lewe met Halogeen

 

Vergemaklik jou lewe met Halogeen

Posted by VLV in Hantam Tak 27 Mar 2015

Sirkel:  Namakwaland

Tak: Hantam

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:   Janine Brynard

Datum:  27 Maart 2015

 

 

Halogeen-demonstrasie (Custom)

Jonita van der Merwe, Leefstylsaamroeper van Hantam VLV demonstreer die gebruike en voordele van ‘n Halogeen-oond.  Hierdie oonde is dalk net die oplossing op ál Eskom se probleme?

 

 

Die lewe het al só ‘n gejaag geword en almal se programme is elke dag propvol gepak.  Juis daarom moet ‘n mamma dikwels fyn beplan om op die vinnigste, dog gesonde manier ‘n heerlike aandete voor te berei, wat al die honger magies in die huis sal voed.  Ongelukkig gebeur dit dan dat ‘n vetterige, ongesonde wegneem-ete gou in die mikrogolfoond gedruk word…Wel, daar is beslis ‘n oplossing!

 

 

Tydens Hantam VLV se Leefstyl-vergadering het Jonita van der Merwe die voordele en gebruike van ‘n Halogeen-oond gedemonstreer.  Hierdie tipe oonde gebruik ‘n halogeen-lamp as hitte-bron in teenstelling met konvensionele oonde wat meestal elemente gebruik.  Om hierdie rede is ‘n halogeen-oond baie meer energie-doeltreffend.  Die tyd waarin kos gaargemaak word, word ook tot 60% vinniger gedoen en die eindproduk is baie meer gesond omdat geen vet gebruik word in die gaarmaak-proses nie.  Letterlik enige dis kan in ‘n halogeen-oond gaargemaak word, selfs ‘n lieflike sjokolade-koek.

 

 

‘n Basiese halogeen-oond het ‘n hitte-kompartement, bestaande uit ‘n deurskynende glasbak, met ‘n verwyderbare glasdeksel waarin die halogeen-lamp en waaier voorkom.  Binne-in die hitte-kompartement is daar metaal-rakkies op verskillende hoogtes en van verskillende vorme waarop die kos geplaas word.  Enige hitte-verstelling kan gebruik word net soos met ‘n konvensionele oond.  Sommige halogeen-oonde het ‘n ekstra staal-ring wat gebruik kan word om ‘n gereg te maak wat ‘n hoër spasie nodig het.

 

 

Die halogeen-lamp word aan- en afgeskakel deur ‘n eenvoudige termostaat en genereer golwe van infrarooi lig om die lug in die hitte-kompartement te verhit.  Die waaier sirkuleer dan die warm lug deur die kompartement      sodat die inhoud eweredig gaar kan word deur ‘n proses wat konveksie genoem word.  Maar seker die heel grootste voordeel (verál vir daardie dames wat nie graag tyd agter die wasbak spandeer nie) is dat die halogeen-oond dit self skoonmaak ook!  Gooi net ‘n bietjie warm water en opwasseep daarin en die waaier waai die oond silwer skoon.  Is dít dan nou nie wonderlik nie?

 

 

Oulike serp-idee (Custom)

Jonita van der Merwe wys hoe ‘n eenvoudige, dog treffende serp gemaak kan word  deur ‘n t-hemp se onderkant in repies te knip.

 

 

Bêre jou trui netjies (Custom)

Moenie verder sukkel om jou truie netjies te bêre nie.  Vou die trui dubbeld in die lengte af, hang dit op ‘n hanger, sodat die beide moue en die lyf-deel aan weerskante van die hangplek hang.  Hier demonstreer Jonita van der Merwe hoe effektief hierdie eenvoudige raad is.

 

 

gesonde happies (Custom)                                       Lady-bird lekkerte (Custom)

Heerlike, interessante, gesonde eetgoedjies tydens Hantam VLV se Leefstyl- vergadering, met liefde én baie moeite voorberei deur Jonita van der Merwe.

 

Post a comment

eleven + 20 =