Vergadering vol verskeidenheid

 

Vergadering vol verskeidenheid

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 26 Mar 2019

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Leefstyl, Kunste &Handvlyt, Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 25 Maart  2019

 

 

Op Maandag 25 Maart het Dordrecht VLV se Anna van Niekerk ‘n Teetafel-dekdag gereël, waar elke lid met ‘n plaaslike dogter afgepaar is om ‘n spanpoging aan te wend. Sommige van die kinders het hul eie tafelversierings gemaak; soos Charné Pautz wat plastiek herwin het vir haar tafelblomme, asook vir ‘n Kersboom. Janneke Smit van Dordrecht het die beoordeling gedoen, maar geen wenner aangewys nie. Elke dogter het ‘n geskenkpakkie (van papier, nie plastiek nie!) ontvang.

 

Voorsitter Lenie Fourie het verduidelik wat VLV behels, en die 3de plek Trofee vertoon wat die tak by die pasafgelope Konferensie te Lady Grey verower het. Maar VLV gaan eerstens oor persoonlike groei  wat aan lede geleenthede bied vir persoonlike verbetering en vir gemeenskapsbetrokkenheid. Interessante maandelikse byeenkomste word aangebied, met lesings, demonstrasies, besprekings, uitstallings en uitstappies onder die volgende afdelings: Gesondheid, Kunste & Handvlyt, Landbou&Tuinbou, Leefstyl, Openbare Sake, en Opvoeding & Kultuur.

 

Two of the objectives of CWAA are to assist and encourage women to become more knowledgeable and to help identify and resolve needs in the community. This is done through an annual project whereby CWAA reaches out to individuals, groups and the community. The project for this year is:Plastiek, ons vyand / Plastic, our enemy. The new theme for August 2018 – August 2019 is : Laat ‘n voetspoor / Leave a footprint.

 

Antoinette van Pletzen het vertel van ‘n baie interessante Tuinboudag wat sy by die Dordrecht Buiteklub bygewoon het. Dordrecht se Tuinbouklub is 55 jaar oud, en om dit te vier het hulle bekende TV-persoonlikheid & Bloemiste, Jill Manson van Johannesburg (van Fresh Cut with Jill Manson) en Debbie Johnson van Edenvale Farm, Adelaide, SA. genooi vir ‘n pragtige blommedag. Jill is ook aangewys om SA se inskrywing by die komende Chelsea-blommeskou in Engeland te köordineer.

 

Bertha Rossouw demonstrated “Diamond Dot Painting”, a new DIY craft involving the completion of beautiful designs, based on the same concept as mosaics and paint-by-numbers. Diamond painting uses very small beads, which produce a stunning shimmery effect, and are sold in kits with everything you need. Very therapeutic and relaxing!  Photo below is from www.diamonddotpainting.co.za.

 

Martha Schmidt en haar kleindogter, Charné, wat self die plastiekblomme vir hul tafel gemaak het, asook die Kersboom – Herwinning! In die agtergrond is skilderye deur  lid Gerda Fourie gemaak.

 

Bertha Rossouw en haar ma vanaf Holland. In die agtergrond is nog 2 tafels.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Kersboom

 

 

Post a comment