Vergadering propvol kuns, dans en musiek

 

Vergadering propvol kuns, dans en musiek

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 28 Mar 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 27 Maart 2018

 

 

As daar ‘n aftiklysie moes wees vir die vereistes van ‘n Kunste & Handvlyt-vergadering, sou Annie Jooste, taksaamroeper van hierdie portefeulje op Kleinmond, ná die onlangse maandvergadering met ‘n skoon gewete regmerkies kon aanbring by al die afdelings. Die potpourri van aanbiedings het vir ‘n verrykende middag gesorg.

 

Skilderkuns: Die spreker van die middag was Bonita Fraser van The Attic-kunsgalery op Kleinmond wat baie interessant vertel en met behulp van voorbeelde, demonstreer het hoe rame waarde en skoonheid toevoeg aan ‘n skildery.

 

   

 Annie Jooste en Bonita Fraser met een van die plaaslike skilders se werk wat in die galery uitgestal word.

 

 

 

 

 

 

Woordkuns:

Boeke: ‘n Uitstalling van die splinternuwe boek van Milan Murray “Kop in die wolke in Kromkieriefontein” het baie aandag getrek en was beskikbaar teen ‘n spesiale prys.

 

Woordjuwele: Twee leerders van Laerskool Kleinmond het met groot gevoel en vrymoedigheid gedigte voorgedra.

 

 

 

 

                                  Marthinus Groenewald besig met sy voordrag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Uitvoerende Kunste:

  • Twee van Laerskool Kleinmond se baie talentvolle musiekleerlinge het klaviersolo’s gelewer.

 

Jada Mitchell voor die klavier

 

 

  • Nog twee Laerskoolleerders het met hulle energieke moderne danspassies die gehoor op die punte van hulle stoele laat sit en ‘n derde enetjie het almal se harte gesteel met sy karate moves.

 

Kirstan en Danielle Whitehead in aksie met hulle danspassies

 

 

Blommekuns: Cobus Conradie, ‘n plaaslike lid van SAFU(South African Floral Union) wat in 2015 die titel as “Ontwerper van die Jaar” ingepalm het, het almal inspireer met twee besondere Paasrangskikkings met min blomme wat hy demonstreer het.

 

Cobus Conradie saam met die gasvroue van die middag. Agter staan Maria Whitehead langs Cobus met Gerda Harding aan sy linkerkant. Voor v.l.n.r. is Chrissie Kelly, Annie Jooste (taksaamroeper), Hendriëtte Cruywagen, Sylvia Coetzee, Etta Eksteen en Kathleen Joubert

 

 

 

 

 

 

Fotografie: Die fotoalbum wat Hermien van Zyl saamgestel het van die onlangse 85ste Overbergse sirkelkonferensie op Hermanus is onder die lede gesirkuleer. Dis saamgestel uit die foto’s wat deur taklede geneem is.

So kon die lede wat nie die geleentheid kon bywoon nie, ook ‘n kykie kry in die verrigtinge van die dag en Johanna Groenewald, afgevaardigde se Konverensieverslag beter verstaan.

 

 

 

Voorblad van die album van handgemaakte papier

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voorsitter Cecile Jonkheid vertoon met trots die Presidentstrofee wat by Konferensie aan die Kleinmond-tak toegeken is vir takprestasie in die 2017-verslagjaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Handvlyt: Lede het hulle stokperdjies uitgestal en dit het gewissel van kloskant en breiwerk tot handgemaakte papier en selfs miniatuur rotstuintjies! Tuinmaak is immers ook ‘n stokperdjie! Lg. was ‘n kompetisie wat baie belangstelling uitgelok het.

 

 Louna Conradie en Chrissie Kelly by hulle handewerk

 

 

Die verskeidenheid tuintjies word bewonder deur Marita Grobler, Constantia Cilliers, Mireille Nel en Bessie van der Walt.

 

 

 

 

 

 

 

Helena le Roux (regs) van Build It se tuinafdeling was die beoordelaar en het ‘n geborgde vetplant aan Ria Coetzee oorhandig vir haar eersteprys tuintjie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLVK-Tema: Aandag is ook aan die VLVK-Tema gegee deur die optrede van die kinders.

 

“Hulle, die jeug wat vandag hier by ons optree, is ons toekoms, ons môre, daarom sê ons Môre begin Vandag” het Annie Jooste gesê.

 

Post a comment

19 + nine =