Vergadering met ‘n Duitse geur

 

Vergadering met ‘n Duitse geur

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 18 Oct 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer:   A Beelders

Datum: 17 Oktober 2019

 

Die laaste maandelikse vergadering van die plaaslike tak het met ‘n pragtige pienk tema plaasgevind.

 

Deftige teetafels is gedek vir die gaste en daar was ook ‘n fondsinsameling vir KANSA. Die eetgoedtafel het behoorlik gekreun onder tradisionele Duitse gebak soos swartwoudkoek, Duitse kaaskoek, kuchen, bakkersvlakoek (bienenstich) en appel-strudel.

 

 

Sanet Ras, wat verantwoordelik was vir die mooi dekor en van die heerlike gebak, het die vergadering op ‘n gepaste wyse geopen. Sy lees ‘n rubriek oor om in die hier en nou te leef. “Wanneer jy kies om te vergewe en die wrok te laat vaar, dan raak jy vry. Om te vergewe is nie menslik nie, dit is Goddelik.”

 

Alhoewel Oktober borskankermaand is,het Sanet Ras eerder oor bloedkankers gesels. Bloedkankers se simptome is vaag en daarom is bewusmaking baie belangrik vir vroeë opsporing van dié kanker.

 

Rita Eitner, die Voorsitter, vra die vroue se hulp dat die tak ‘n beter tipe Afrikaans moet praat en besig. Dit is belangrik vir die voortbestaan van dié taal. Sy dra ook ‘n Duitse gedig, Ich hatt’ einen Kameraden (I once did have a comrade) voor.

 

Sophie Malan het die vroue in vervoering gehad met haar vertellings van hul onlangse reis oorsee.

 

 

 

Leave a Reply