Verftegnieke vir die DIY-Tuisteskepper

 

  Verftegnieke vir die DIY-Tuisteskepper

Posted by VLV in Kleinmond Tak 26 May 2015

Sirkel:  Overberg

Tak:  Kleinmond

Portefeulje:  Leefstyl (Tuisteskepping)

Datum:  26 Mei 2015

Beriggewer:  Hermien Van Zyl

 

Kleinmond-tak se VLV-lede en amper 20 gaste het tydens die Leefstylvergadering met belangstelling geluister na Colin Gouws, afgetrede boer van Thabazimbi, wat nou in Kleinmond woon. Hy het sy passie vir die restourasie van meubels kom demonstreer aan die hand van veral verftegnieke met verskillende tipes verf. Alhoewel chalk paint nou ‘n gonswoord is, het hy die gehoor gemaan om eers pryse te vergelyk en te toets of dieselfde resultaat nie verkry kan word met ander verfprodukte wat meer duursaam is vir artikels wat meer dikwels gebruik word nie, of om die aanwending met ‘n ander tipe kwas te doen nie. Met die Renovator-apparaat in sy hand het hy die afskuur van ou houtprodukte baie maklik laat lyk.

 

Nog ‘n nuweling in die dorp (alhoewel hy steeds werksaam is by die SAUK en RSG), Pieter Lourens, is aan die gehoor bekendgestel. Sy pragtige stem het die gehoor in vervoering gehad – Always on my mind o.a. het vir baie van die toehoorders wonderlike herinneringe teruggebring.

 

Landbou&Tuinbou was verantwoordelik vir die maandelikse wenk, en Hermien van Zyl het die VLVK-tema gebruik om dit te illustreer. Vroue met Visie sorg nou in Mei dat daar pronkertjies, namakwalandse madeliefies en bolle in die grond kom, slakpille en ‘n deklaag gestrooi word en sopseldery in die groentebedding is om die winterkoue te oorleef. Sodra die wintervaalte verby is, sal die tuin vol kleur wees.

 

 

SDC17100 (Custom)

Ohna de Stadler, taksaamroeper vir Tuisteskepping (Leefstyl-portefeulje) saam met Colin Gouws (spreker), links en Pieter Lourens (gaskunstenaar)

 

 

DSCN3436 (Custom)

Daar was groot belangstelling by die dames en Colin Gouws is toegegooi met vrae.

 

 

DSCN3434 (Custom)

Yvette O’Connell (middel) en haar suster Lorraine van Aarde, twee VLV-tuisteskeppers met baie flair maak hulle verfkeuse saam met Colin Gouws. Regs is ‘n 40er jare se kaggelhorlosie op ‘n rakkie wat beide ‘n tweede lewe kry met net ‘n lagie verf.

 

 

SDC17090 (Custom)

Een van die kompetisie-artikels was hierdie pragtige, gehekelde doilie.

Post a comment

3 × one =