Veiligheid in jou omgewing

 

Veiligheid in jou omgewing

Posted by VLV in Velddrif Tak 15 Apr 2015

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Riëtte Strydom

Datum: 15 April 2015

 

 

IMG-20150415-WA003 (Custom)

Paasbolle – om vrede uit te beeld

 

Sersant Boumeester sê “Trust no one.”  As jy enigiemand verdag opmerk, of verdag aan jou deur klop, bel die SAP. Hou deure en veiligheidshekke gesluit.  Moenie goed naby die venters sit, sodat diewe dit kan sien en inbreek om dit te steel nie.  So ook met waardevolle items in motors.  As jy uitgaan, sluit die deure en trek die gordyne toe.  Kry verkieslik vir jou ‘n loergaatjie in jou deur, sodat jy kan sien wie dit is wat klop.   Pasop vir mense wat vir jou hulp aanbied of rondhang by OTM’e.  Noodnommers is op ‘n yskas magneet en in formaat vir in jou beursie vir elke lid op die tafels.

 

P1060283 (Custom)

Noodnommers vir elkeen

 

Sersant Mannel vertel die dames van die Trauma-kamer wat deur Laaiplek Super Spar en Business Against Crime geborg is.  Die vertrek het ‘n rustige atmosfeer wat hoofsaaklik getraumatiseerde vrouens en kinders kalmeer om hul in staat te stel om ‘n verklaring af te lê.

 

P1060275 (Custom)

Kruise op tafels – vrede in SA

 

Dit word koördineer en berading is 24 uur per dag deur opgeleide vrywilligers beskikbaar.  Die enigste nadeel is dat daar nog nie fasiliteite vir gestremdes beskikbaar is nie.  Donasies van klere, speelgoed en weggooi doeke is altyd welkom.

 

P1060281 (Custom)

Kompetisie items

 

Lede het die maand kompetisies goed ondersteun en is aangemoedig om deel te neem aan “Woman walk the world”.

 

IMG-20150415-WA001 (Custom)

Heerlike bederf op die tafels

 

 

Post a comment

five × 4 =