Van Toeka tot Nou

 

Van Toeka tot Nou

Posted by VLV in News, Wellington Tak 25 May 2018

Sirkel:  Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 24 Mei 2018

 

Karen Barnard het vir die dames meer verduidelik oor die kompetisies van 2019.

 

“Pak jou kas reg” was ook op die spyskaart en die dames is in 4 maklike stappe verduidelik hoe hulle hulle klerekaste kan regpak.

 

1.Organiseer jou klerekas en maak netjies en sorteer uit.  Netjies en praktiese hangers is altyd hier ‘n goeie keuse.  Skoene kan ook in netjiese houers gebêre word.

2. Maak seker jy het basiese items soos ‘n swart broek, wit hemp, goeie snyerspakkie, goeie denim wat goed sit en ‘n paar netjiese swart of ligte bruin skoene. Die items is ‘n riglyn om vanaf te werk.

3. Probeer ‘n nuwe styl. Neem ‘n vriendin saam as jy onseker is.

4.Dra uitspattige bykomstighede. Eksperimenteer en probeer iets nuuts.

 

Van Toeka tot Nou het lewe gekry met die dames wat vir ons hulle uitrustings kom wys het.  Gepaste musiek het gehelp om die regte atmosfeer te skep.  Van die laat 1800’s tot 1980’s was teenwoordig met hul stories en staaltjies. Voorwaar ‘n lekker ontspanne wintersoggend.

 

 

 

Post a comment

5 × 2 =