Upington se algemene veradering

 

Upington se algemene veradering

Posted by VLV in Upington Tak 09 Oct 2014

Sirkel:  Noordwes Kaap
Tak:  Upington
Beriggewer:  Magda le Roux
Datum:  09 Oktober 2014

 

Upington

Mev Magda Page, die verjaardagdame

 

 

Die vergadering datum was op dieselfde dag as mev. Magda Page se verjaardag.  Sy bied aan om dan sommer haar verjaardag saam met almal te vier.  Die dames vergader op mev. Fia Rademeyer se gesellige stoep.

 

 

Upington1

Mevv  Nerina Brown, Eirene Hoving, Elbie Heyns, ‘n gas, en Wilna Nel luister aandagtig na die spreker.

 

 
Mev Marie Botha stel ‘n velsorg produk Shzen bekend. Sy beoefen ook fotografie. Sy gee wenke en inligting vir die neem van ‘n goeie foto.  Konsentreer om die oomblik vas te vang.Fokus op die person se oë.  By balans geld die reel van derdes (verdeel foto in derdes). Kontras is lig of donker en beligting is baie belangrik. Sy gee ook wenke en wys ‘n voorbeeld van “bunting”.

 

 

Mev. Corrie Botha verduidelik hoe om foto op materiaal oor te dra.

 

 

Upington2

Mevv Magda le Roux, Magda Page en Magda Celliers.

 

 

Mev Elize de Jager verduidelik hoe om vilt te maak.  Sy gee ook die wenk om ‘n knoop op die punte van ‘n oorgetrekte hanger te werk om te verhoed dat klere afgly.

 

 

Wenke word ook gegee vir die skilderkuns kompetisie.

 

 

Upington3

Mevv Joey Neethling, Babsie Strauss en Lucy van Rooyen saam met Magda Page

 

 

Na die vergadering geniet ons verjaardag eetgoed saam met mev Magda Page.

Post a comment

fourteen + six =