Uitstappie na Port Nqguru

 

Uitstappie na Port Nqguru

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 16 May 2015

Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Algemeen

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  16 Mei 2013

 

 

Mei-maand is Alexandria-tak se uitstappie maand.  Die Oos-Kaap is nie net ‘n pragtige groen landskap nie, dis ook ‘n leersame plek.     Op 16 Mei vertrek 13 lede en hul gades na Port of Nqguru (Coega)  vir ‘ n begeleide toer.

 

 

4

Lede, gepanser met harde-hoede word per bussie vervoer na die verskillende punte.

 

 

Ja, die dames vat die mans saam, hulle moet bewus wees dat die dames se belangstelling verder strek as dit waarvan hulle bewus is.  Sirkel President Lynette Martin het die toer meegemaak.

 

 

1

Groep foto van lede en gades saam met ons toerleier, Xolile Tatana

 

 

Xolile Tatana was hulle toerleier. Hulle het eers `n “power point” aanbieding gehad wat hulle toegelig het.  Lede was per bussie op die perseel vervoer en Xolile het verduidelik wat by elke punt op die hawe gebeur. Die skepe wat daar aan-anker lê is kolosaal.

 

 

2

Inligting ivm met die dele van die turbines wat op die hawe afgelaai word, om dan weer na die verskillende wind-plase vervoer te word.

 

 

Helaas, kon die groep nie die dag afsluit sonder om n draai te maak by die Wind Turbine naby Coega nie. Gerald Ehlers van Africoast Energy was die toerleier. Die lede het soos dwergies gelyk wat staar na iets baie ver bo-kant hulle. Dit was ‘n besonderse dag met baie leersame informasie

 

 

3

Om naby so `n turbine te staan, laat jou soos `n muggie voel.

 

Mans en dames was dit eens dat dit `n fantastiese uitstappie was.

 

 

Post a comment

1 × two =