Uitstappie na Spice Route en Fairview

 

Uitstappie na Spice Route en Fairview

Posted by Natania Schmidt in Kuilsrivier Tak, News 26 Sep 2013

Sirkel: Tygerberg

Tak: Kuilsrivier

Beriggewer: Elmine Möller

Datum: 25 September 2013

 

Kuilsrivier het op Woensdag, 25 September ’13, op ‘n uitstappie gegaan na Spiceroute (voorheen Sydelberg) en Fairview, buite die Paarl.Gelukkig het dit nie gereën nie en kon ons heerlik rondstap.

 

Heel eerste het ons die glasblasery besoek en kon ons sien hoe van die pragtige glasskeppings gemaak word, van reuse bakke, lampskerms, ornamente, en parfuumbottels tot glas vissies, voëltjies en slakke.

 

1

Gerda v.d. Westhuysen, Susan Olivier en Annemarie v. Schalkwyk bewonder die pragtige glasware

 

Daarna het ons koffie en warm sjokolade met heerlike sjokolade eetgoed gaan geniiet by die sjokolade en koffiewinkel.

 

2

LNR Susan Olivier, Gerda v.d. Westhuysen, Elmine Möller, Annemarie v. Schalkwyk, Whileen Galvin, Maude Joubert en Ria Crause

 

3

Van die dames het daarna na Fairview, net langs die Spiceroute, gegaan. Ons het ons verkyk aan die bokke wat teen die boktoring opklim en heerlike kaas by hulle deli gekoop. Annemarie, Gerda, Susan en Ria kyk na die veelkleurige Koivisse by die ingang van Fairview se deli.

 

4

‘n Bokram met reuse horings klim teen sy boktoringkasteel uit

 

Dit was ‘n heerlike oggend met ‘n pragtige uitsig op ons berge.

Post a comment