Uitstappie na Groenpuntpark

 

Uitstappie na Groenpuntpark

Posted by VLV in News, Tygerberg Stad Branch 14 May 2014

Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

Datum: 14 Mei 2014

 

Nadat die vroue van Sirkel Tygerberg die Kaapse oggendverkeer na die middestad suksesvol aangedurf het, het ons ‘n baie aangename uitstappie by die Groenpuntpark gehad. Dit is net langs die nuwe stadion geleë.

Lydia van Reenen,Elaine Duvenage,Maretha Bester.

Thea Weyers, Mollie Craven, Lettie van Wyk, Bettie Döckel en Anton Döckel.

 

Die park was regtig ‘n aangename verrassing. Alles was so goed versorg – die parkeerterrein, die groot grasperke en die vleiland areas. By die hek en op die terrein was veiligheidspersoneel op hul pos en dames het sommer veilig gevoel om alleen hier rond te loop.Hier in die groen hartjie van die Moederstad was ‘n rustigheid wat jou aan die platteland laat dink het.Oral het mammas met klein kindertjies op die grasperke ontspan; skoolkinders en onderwysers het die verskeidenheid speelparkies geniet. Vir die mense wat inheemse plante wou bekyk, was daar ook voorsiening gemaak.  

En terwyl honderde klein Kaapse rivierpaddatjies rustig gekliek-kliek het, het ons, ons s(t)out- en soethappies geniet by die tafeltjies wat daarvoor voorsien is.

Met Seinheuwel aan die een kant en Mouillepunt se vuurtoring aan die anderkant is Groenpuntpark regtig ‘n lafenis in ‘n woelige stad.  

Wenda Preuss geniet ‘n happie.

Lede in gesellige luim.

Post a comment

fourteen + 9 =