Uitslae van Vlv-Miniskou en Sirkelkonferensie

 

Uitslae van Vlv-Miniskou en Sirkelkonferensie

Posted by VLV in Murraysburg Tak 20 Feb 2015

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Murraysburg

Portefeulje:  Leefstyl

Beriggewer:  Mette Kromhout

Datum:  20 Februarie2015

 

Die VLV het op 20 Februarie saam met die Veldmerinoskou ‘n goed ondersteunde miniskou aangebied.  Dit is deur Adrie Conradie en Elana Grobler gereël.

 

Elma Immelman,  Sarie Reynolds,  René Theron,  Theresa Troskie en Johanna van der Merwe was die beoordelaars.  Hulle is bygestaan deur Margaret Booyse,  Adri Smit,  Alna Theron,  Rialene van der Merwe en Miemie van Heerden.

 

Dertien VLV-lede en sewe nie-lede het deelgeneem en die inskrywings was van hoë gehalte.  René Theron se motorfiets uit hout was die mees uitstaande artikel en is met 90% beloon.  Maretta Theron het die meeste inskrywings (15) gehad met Adrie Conradie (12) kort op haar hakke.  Dit getuig van die dames se veelsydigheid.  Adrie Conradie het die meeste punte verower met Susanna van der Merwe en Maretta Theron in die tweede en derde plekke.

 

 

murrysburg2 (Custom)

Theresa Troskie, Margaret Booyse, Adrie Conradie en Hannatjie Fourie by hul voorskote.

 

Tydens die konferensie te Colesberg het Theresa Troskie se speelpakkie vir ‘n kleuter die eerste prys en haar yskasmagneet en voorskoot tweede plekke verower.  Maretta Theron se foto van mense wat lag was tweede in die fotografie-afdeling en Adrie Conradie se kantagtige tienertoppie derde in die afdeling vir breiwerk.  Murraysburg is trots op hierdie dames!

 

 

murrysburg1 (Custom)

Die mees uitstaande artikel op die mini-skou, René Theron se motorfiets.

Sonder die borge,  Mareli Visser,  KVB,  Polka en Spar,  sou daar nie aantreklike pryse gewees het nie.  Groot dank en waardering aan hulle!

 

 

murrysburg (Custom)

Rialene van der Merwe, Alna Theron, Miemie van Heerden en Elana Grobler

 

Daar word baie geleer deur aan kompetisies deel te neem en veral die jonger lede word daartoe aangemoedig.

Post a comment

four × 2 =