Uitreik na Japan

 

Uitreik na Japan

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 20 Oct 2017

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Opvoeding En Kultuur

Beriggewer: A Beelders

Datum: 19 Oktober 2017

 

Sending uitreik na Japan

 

Dominee Cornis Botha was die gasspreker by Vrdendal se VLV vergadering en het onderhoudend vertel hoe hy op ‘n besoek aan Japan die Japanners beleef het. Hy was deel van ‘n NG Kerkafvaardiging na die Gereformeerde Kerk van Japan (RCJ ).

 

Japan is ‘n eerstewêreld land met ‘n ouerwordende bevolking van 127  miljoen, wat egter aan die krimp is weens die  lae aanwas. Boedhisme en Shintoisme, aanbidding van die songodin, word deur 80% van die bevolking beoefen. Dit gaan egter meer oor die tradisie as werklike aanbidding.

 

Japanners is baie individualisties, byna afsydig maar tradisievas.  Materialisme of selfs ateïsme skyn  eerder hul lewensuitkyk te wees. Hul het ‘n eenvoudige lewenstyl, is harde werkers en elkeen het ‘n werk. Armoede bestaan byna nie en misdaad is ongekend. Hul ken nie angs nie. In so ‘n selfversekerde gemeenskap is sendingwerk baie moeilik. Slegs 1% Japanners is tot die christendom bekeer maar die kerkbywoning van die klein christen gemeentetjies is 95 – 100 %.

 

Die Japanners het hoë etiese waardes met ‘n diep sin vir harmonie en respek. Hul reik uit na seerkry, want hul glo as een seer het, het almal seer; as dit met een goed gaan, gaan dit met almal goed. Hulle is ook baie gesondheidsbewus. Jy sien mense op straat met maskers op. Dan is dit óf iemand wat siek is en nie ander wil aansteek nie, óf die persoon is bang hy tel ‘n siekte op.

 

Dis ‘n eeu-oue beskawing in pas met die nuutste tegnologie. Rysboerdery is ‘n belangrike bedryf en rys maak ook ‘n groot deel van hul dieet uit, asook vis. Cornis wys ook foto’s van die gesinne betrokke by sending met die Reformed Church of Japan, naamlik Stéphan van der Walt met vrou Carina en hul vier kinders, en Gys en Linda Olivier met hul twee kinders.

 

Carina en nog ‘n kerkleier het met ‘n baie suksesvolle  kleuterbediening begin, genaamd Happy Kids. Gys en Linda Olivier is in Kochi-stad, op Shikoko-eiland betrokke by ‘n unieke meisieskool waarvan die meeste leerlinge nie christene is nie. Hulle het ‘n groot invloed op beide kinders en onderwysers.

 

Japan is bekend vir kersiebome en die kersiebloeisels, wat afval na net ‘n week as dit blom, is  vir hulle simbolies van die  vervlietenheid van die lewe. Die Japannese taal is baie moeilik en kinders leer dit tot in hul finale skooljaar. Cornis se web adres is www.missiejapan.co.za indien iemand meer inligting verlang.

 

Ds Cornis Botha, Annerita Kearney en Anneline Beelders

 

Post a comment

eight − two =