Uitdaging kaf gedraf

 

Uitdaging kaf gedraf

Posted by VLV in News, Steytlerville Tak 03 May 2014

Sirkel: Middelland
Tak: Steytlerville
Beriggewer: Lucia Dorfling
Datum: 3 Mei 2014

Ons Steytlerville-tannies het die afgelope naweek die PE SPAR Women’s Challenge in Port Elizabeth aangedurf as ons “Women Walk the World 2014”.

image.axd-81

Annette Jacobs het die 5km gestap & ons ander het almal die 10km gedoen. Almal het binne die afsnytyd klaargemaak en ons het elkeen `n medalje om te wys ons het hierdie wedloop suksesvol voltooi. Twee van ons lede was bo 70 jaar & beide het die 10km onder die 1ste 10 van hierdie ouderdomsgroep voltooi. Ons jongste lid wat die 10km voltooi het, is die swanger 26 jarige Lize-Mari Hayward.

image.axd-82

Uit ons groep het Mariska Deyzel die beste tyd opgestel, 01:23:04. Lucia Dorfling was 2de in 01:33:45 en kort op haar hakke Mara Deyzel, 01:36:47. Ek is baie trots op elke VLV-lid en haar ‘commitment’. Hierdie was `n heerlike kuier met koesteroomblikke van lekker lag, kuier en span wees.

image.axd-83

image.axd-84

Post a comment

ten − five =