Uitblinkers word beloon

 

Uitblinkers word beloon

Posted by VLV in Kleinmond Tak, News 28 Nov 2018

Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 27 November 2018

 

Vlv-Kleinmond sluit suksesvolle jaar af

 

Die bestuurslede van VLV-Kleinmond het as gasvroue opgetree met die tak se afsluitingsvergadering op 27 November. Op dié wyse kon hulle vir die lede dankie sê vir hulle getrouheid en ondersteuning vir die tak se werksaamhede gedurende 2018.

 

Sy het gewys op hoe mense se optrede teenoor mekaar moet wees, dat vriende dáár moet wees vir mekaar, dat “ons mekaar met ons gawes moet dien” en dat daar wedersydse respek moet wees.

 

Marita Grobler, taksaamroeper vir Openbare Sake het die opening waargeneem en dit laat aansluit by haar boodskap as gasspreker. Uit die Eerste Brief van Petrus aan die gemeentes in Klein-Asië het sy die gehoor laat besef hoe hedendaagse gebeure, soos tóé, ons geloof toets soos goud in vuur gelouter word.

 

 

 

Daarná het Cecile Jonkheid, takvoorsitter, kortliks in ‘n oorsig van die jaar se werksaamhede, die bestuur en lede bedank vir die goeie samewerking wat van alles waarby die tak gedurende 2018 betrokke was, só ‘n groot sukses gemaak het. Die tak kon ‘n spogtee aanbied, met entoesiasme deelneem aan al die bedrywighede van sirkel Overberg en VLVK, ‘n uitstappie inpas en betrokke wees in die gemeenskap.

 

Geskenke is oorhandig aan die lede wat elke vergadering bygewoon het en me. Jonkheid het kentekens aangesteek vir dié lede wat daarvoor kwalifiseer. Lekker samesang van vroeër jare se liedjies met begeleiding deur Flippie Kok op die trekklavier en Frieda Maree met die kitaar, het ‘n bietjie nostalgie aan die geleentheid verleen. ‘n Kersfeesgevoel is geskep met ‘n treffende verhoograngskikking deur Daphné Loots, ‘n kersmark met geskenke en eetgoed vir die feestyd en ‘n feestelike teetafel.

 

Die hoogtepunt van die middag was die oorhandiging van geskenke en trofeë aan die wenners in die onderskeie kompetisie-afdelings. Hermien van Zyl het die trofee ontvang vir algeheel die meeste punte met Brenda Neethling tweede. Hierdie twee dames was in die ander afdelings in ‘n wipplankstryd gewikkel met Brenda wat die Naaldwerk- (Breiwerk, hekel- en masjienwerk) en die Gebakafdelings gewen het met Hermien tweede en Louna Conradie en Alice van Rooyen onderskeidelik derde. Hermien het weer die Kunste&Handvlyt- en Gebottelafdelings gewen met Louise Bruwer en Kathleen Joubert tweede en derde by die Kunste&Handvlyt en Sylvia Coetzee en Anina Schulz tweede en derde by die Gebottel. Ria Coetzee het die trofee vir Blomme ontvang met Daphne Loots tweede en Hendriette Cruywagen derde. Al die deelnemers het groot waardering gehad vir die tak se beoordelaars, Annie Jooste, Maria Whitehead, Cobus Conradie en lede van die Kiekieklub wat reg deur die jaar met kundigheid en goeie kommentaar leiding gegee het. Deelname was die moeite werd.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marita Grobler aan die woord

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hierdie lede het geskenkies ontvang van voorsitter Cecile Jonkheid (heel links) vir 100% teenwoordigheid. V.l.n.r. voor staan Chrissie Kelly, Annie Jooste, Brenda Neethling, Louna Conradie, Ria Coetzee, Sylvia Coetzee, Lisbé Badenhorst en Lynette Loubser. Agter staan klankman Wessel Coetzee wat ook heeljaar op sy pos was en Hermien van Zyl

 

Voorsitter Cecile Jonkheid (heel regs) het jare-diensknopies aangesteek vir Frieda Maree (10 jaar), Daphné Loots en Lezette van Jaarsveld (beide 5 jaar), Marita Nolte (30 jaar), Lisbé Badenhorst (5 jaar) en Elizette Bosman (45 jaar)

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede sing lekker saam

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Flippie & Freda

 

Daphne Loots se verhoograngskikking

 

 Cecile Jonkheid (voorsitter) en Daphne Loots by die rangskikking

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl (links agter) se papierprodukte en Brenda Neethling (sittende) se vrugtekoeke en beskuit op die kersmarktafel kry aftrek by die kopers v.l.n.r. Annie Jooste, Anne Meershoek en Chrissie Kelly.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hendriette Cruywagen by haar handgemaakte juwele

 

Die pryswenners vir 2018 saam met Annie Jooste, die tak se vise-voorsitter en saamroeper vir Kunste&Handvlyt (heel regs) wat die reëlings vir die prysuitdeling getref het en die trofeë oorhandig het. V.l.n.r voor: Daphné Loots, Hermien van Zyl, Louna Conradie en Hendriette Cruywagen. Agter staan v.l.n.r. Brenda Neethling, Ria Coetzee, Louise Bruwer, Sylvia Coetzee en Anina Schulze.

Post a comment

1 × two =