Uit die President se pen . . .

 

Uit die President se pen . . .

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 13 Jan 2011

Graag wens ek al die VLVK-lede ‘n gelukkige, vreugdevolle, gesonde, voorspoedige en geseënde 2011 toe. Mag VLVK van krag tot krag groei en werklik ‘n verskil maak!

Gardner Hunting said:
Believe you can and you can.

Believe you will and you will.

See yourself achieving

and you will achieve!

 

Graag wil ek ook my en hoofbestuur se meelewing betuig met die VLVK-lede wat groot en onberekenbare skade gelei het as gevolg van hewige reën en oorstromings. Wees verseker dat ons jul in ons gebede sal opdra aan ‘n Hoër Hand wat genadig is. Ons is verheug oor die droogte wat in meeste gebiede gebreek is, maar dink ook aan diegene wat nog uitkyk vir verligting.

Psalm 37:5:

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

 

Innige VLVK-groete

Erika Lubbe

Post a comment

five × 4 =