Tuisteskeppings / Koffietafeldekor

 

Tuisteskeppings / Koffietafeldekor

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 14 May 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Langebaan

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Charlotta van Eeden

Datum: 14 Mei 2014

Mooi tafeldekoruitstalling.

 

Lid Anna Malan deel met ons ‘n paar wenke en reëls hoe om jou tuiste met kleur te omskep en hoe om koffietafels nuut en interessant  te klee. Kleure:  Swart en wit bly maar staatmakers.  Spatsels van geel, robyn rooi (ook kersie rooi en robot rooi) en Pers (kleur van eiervrug) word as aksentkleure in kleiner dosisse aangewend. Koffietafels het groter geword en dit wat jy op die tafel doen, meer interessant. Stel ‘n storie saam op die koffietafel.  Dis oorwegend jou koffietafel, jou huis en speel met ontwerpers items, erfstukke, versamelstukke, ens.  Dit laat jou terug dink en gekoester voel.

Anna Malan besig met demonstrasies.

 

Paar reëls om in aanmerking te neem:

– Dis ‘n koffietafel, daar moet plek wees vir ‘n skinkbord.  Moet nie oorboord gaan met dekor nie.

– Besluit op ‘n uitgangspunt waarvan jy werk byv. blomme.  Dan weet jy wat die tema gaan wees.

– Bly by dieselfde kleurpalet om eenheid te vorm en atmosfeer te skep. Hou die agtergrond in gedagte, dit moet ‘n harmonieuse beeld vorm.

– Bly by jou tema maar jy kan verskillende style bymekaar voeg om ‘n eenheid te vorm.

– Maak gebruik van verskillende hoogtes en teksture om atmosfeer te skep.  Sorg altyd vir balans.

– Jy kan van ‘n skinkbord, skildery of portret gebruik maak om op uit te stal.  Dit breek die groter oppervlak van die koffietafel.

– Sluit altyd blomme of iets groens in by jou tema.  Groenerigheid gee lewe aan jou stillewe.  Alles moet in harmonie wees.

– Skep ‘n moontlikheid vir gesprek.  Dit kan ‘n versamelstuk, erfstuk of iets moois wees.  Elke item vertel  ‘n storie.

– Gaan terug na die egtheid van die aarde.   Gebruik natuurlike elemente soos ou boeke, tasse, ou silwer en ‘n versameling van oudhede saam.

– Koffietafeldekor hoef nie geld te kos nie!  Kyk met nuwe oë na dit wat jy reeds het.  Gebruik jou oë en verbeelding.  Laat ruimte vir verandering.  Gebruik soms iets heeltemal ongewoons.  Dit het trefkrag.

– Skep met jou koffietafel dit wat jou gelukkig maak en ander sal ook

gelukkig wees.

– Leer om te kyk wat rondom jou is en gebruik dit in jou dekor.

Hettie Hanekom, Dottie Visagie, Charlotta van Eeden, Elize Kleynhans en Marsha Green wys hul mooi voorskote.

Estelle van Vuuren, Tokkie Loubser, Anna Malan, Hetta Mans (saamroeper), LeRoux van Vuuren en Rouxleen Moran.

Post a comment

fifteen + 13 =