Tuinmaak aan die Weskus

 

Tuinmaak aan die Weskus

Posted by VLV in Langebaan Tak, News 03 Oct 2019

 

Sirkel: Weskus

Tak:  Langebaan

Studierigting:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Elaine Marais

Datum:  2 Oktober 2019

 

Oktober is die mooiste maand, en so het die dames van Tuinbou ook gesorg dat die saal pragtig versier was met meestal groen plante en aalwyne. ‘n Ware lushof vir die oog wat die atmosfeer ook rustig gestem het.

 

Die verhoog was met aalwyne versier

 

Al die lede, besoekers en gaste is hartlik deur die voorsitter verwelkom en nadat daar ’n paar formaliteite op die agenda afgehandel is, het Annie Strydom, die sameroeper van die Tuinbou-groep, vir Philip Scott, jarelange eienaar van Scotts Kwekery net buite Vredenburg, aan die woord gestel.

 

Die Landbou en Tuinbou se Voorsitster- Annie Strydom saam met Phillip Scott ons spreker.

 

Philip was van kleins af lief vir die grond en plante. Na sy weermagopleiding het hy ‘n graad in Lanboukunde verwerf. Hy is goed onderlê in die kennis van plante en blomme wat hy in sy jonger dae by Stodels opgedoen het.

 

Philip vertel dat die Weskus in sy wese ‘n Meditireense streek is en het ‘n unieke plantegroei. Die 3 maande rëenval en 9 maande droë siklus is tiperend hiervan. Ons het ook baie alkaliese grond wat beteken dat die PH van die grond baie hoog is. Dus is dit nie  baie geskik vir plante wat ‘n baie hoë suurgehalte grond soek nie.  So ook is die grond aan die Weskus fosfaatryk en kort plante geen ekstra voeding van diè mineraal, wat ook in beenmeel voorkom. Philip verduidelik aan die dames die struktuur van ‘n plant se blaar en dat dit sy hitte en vog reguleer. ‘n Plant met grys blare skei minder vog af. Hoe kleiner ‘n plant se blaar, hoe minder vog skei dit af. Sukkulente, aalwyne en spekbome stoor hul water in die stam en blare.

 

Die kwekerybedryf het in die laaste jare begin om op die vetplantbedryf te fokus as gevolg van die droogte en toenemende waterskaarste. As een plant uitsterf, is daar 7 ander spesies wat ook uitsterf. Die aalwyne in die Albertinia distrik is vroeër jare ge-oes vir hul sap en uitgevoer na oorlog geteisterde gebiede om die brandwonde van soldate te behandel. Philip waarsku teen die blindelingse gebruik van plante as medisyne en dat dit voorgeskrewe medikasie vir ernstige siektes kan teëwerk.

 

Hy gee ‘n hele paar wenke vir die plant en versorging van verskillende soorte bolplante, asook die voeding daarvan.

Die dames was baie aktief by die bespreking van die onderwerp betrokke en het heelwat vrae gehad wat Philip geduldig beantwoord het.

 

Elize Kleynhans bedank Philip vir ‘n baie interessante oggend en oorhandig aan hom ‘n geskenk.

 

Ons het ook twee posveranderings gehad.  Elaine Marais neem die leisels oor by Cynthia Huysamen as Sekretaresse en Hetta Mans word na 3+ termyne, vervang deur Magda Smit as Sameroeper van Leefstyl 1.

 

 

 

 

 

 

 

Die teetafel het weer gekreun van heerlike eetgoed, en die marktafel is ook goed ondersteun. Deelname aan die kompetisies tel ook op en produkte van goeie gehalte is gelewer.

 

 

Die Heerlike eetgoed

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Groen Plante en aalwyne wat die saal versier het

 

 

Elaine Marais vat die Sekretaresse pos oor by Cynthia Huysamer

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Magda Smit vervang vir Hetta Mans as sameroeper van Leefstyl 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Landbou en Tuinbou groep verantwoordelik vir die puik vergadering

 

 

 

 

Leave a Reply