Tuine by Vergelegen

 

Tuine by Vergelegen

Posted by VLV in Brackenfell Tak, News 25 Aug 2017

Sirkel: Tygerberg

Tak:  Brackenfell

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Bettie Döckel

Datum: 24 Augustus 2017

 

Uitstappie  na Historiese Vergelegen Landgoed

 

Op ‘n reënerige oggend het 9 lede en 2 gaste van Brackenfell VLV die historiese Vergelegen Landgoed besoek. Vergelegen is aan Willem Adriaan van der Stel in 1700 toegeken. Die 17 pragtuine om te verken en om deur te wandel bewys dat Willem Adriaan van der Stel ‘n  aanleg gehad het om tuine te skep , asook ‘n  plan vir die landgoed.

 

Blommetjies tussen die blomme

 

Die doel van ons besoek was die japonikas, die enigste “Camelia Garden of Excellence” in Suid Afrika. Almal se asems was weggeslaan deur die verskillende japonikas, kleure wat wissel van wit, ligpienk, roospienk, rooi en dan ook die veelkleuriges met strepies . Groottes van klein na groot,  enkelblomme, dubbele blomme, pragtig!

 

                                                                                            Pienk Kamelia

 

Voor die opstal is daar  5 manjifieke kamferbome en die eeue -oue wit moerbeiboom wat Van der Stel aangeplant het vir sy visie van ‘n sy-industrie in die Kaap.

 

Ou kamferbome

 

Die oudste akkerboom in Suid Afrika is daar asook die magtige geelhoutboom, moontlik aangeplant. As gevolg van die afwesigheid van  loeries wat die geelhoutboomsade eet, het die boom vele nageslagte van saailinge rondom hom.

 

Reuse stam van die ou geelhoutboom

 

Verder is daar Clivias wat eersdaags feestelik sal lyk, bloeistele aan die uitkom, ook ‘n vleiland tuin met palms, Gunneras en waterplante.

 

Die landgoed is ‘n rustige omgewing waar ‘n mens jou weer kan verlustig aan stilte en die natuur.

 

Die Lourensrivier op die Vergelegenlandgoed

 

Na die uitstappie het ons ligte etes geniet in die Stables restaurant, groot ruim eet vertrek met keramiek en geraamde borduur stukke teen die muur. Vanuit die restaurant is daar ‘n asemrowende uitsig van die Hottentots Holland berge.

 

Koffiedrink na ‘n lekker uitstappie.

 

Vergelegen Landgoed bied baie vir die besoeker, ek kan nie wag om die roostuin en krismisrose later te gaan besoek nie.

 

Asemrowende pienk gesig.

 

Brackenfell sê dankie aan Thea Weyers, ons sekretaris, vir die reël van hierdie besondere uitstappie!

 

 

 

 

 

  • Thea Weyers September 1, 2017 at 8:20 pm / Reply

    Dankie, Bettie.

Post a comment

11 − 2 =