Trourokke en -foto’s word uitgestal

 

Trourokke en -foto’s word uitgestal

Posted by VLV in Heidelberg Tak, News 31 Jan 2018

Sirkel:  SWD

Tak: Heidelberg

Naam van beriggewer:  Driekie Uys

Datum van vergadering: 30 Januarie 2018

 

Gesels saam met lede oor hul troufoto’s en herinneringe.

 

‘n Baie aangename middag begin waar lede hul trourokke en albums indra om die herinneringe met die res van lede te deel. Nadat deur albums geblaai is en vrae gevra is, kry elke lid ‘n kans om haar verhaal van haar troue en rok te vertel.

 

Suna Jonker,  Lettie Breytenbach en Jeanne Heward vertel hoe hul troue gehou het met ‘n gewone koek en tee na die seremonie. Rokke is geleen, self gemaak of aangekoop.

 

‘n Jonger lid se ma het die hele gemeenskap genooi en toe Maretha die volgende oggend wakker word, het sy gevra of sy nie maar ‘n troue vir 100 mense kan hou nie.

 

So was dit ‘n wonderlike ervaring om elkeen se unieke storie te hoor en hoe dit baie verskil van die hedendaagse troues. Sommiges is al amper 60jaar getroud.

 

Driekie, Maretha, Hanlie, Neelie en Joy met hul trourokke.

 

Lettie en Jeanne bekyk albums

 

Hanlie vertel haar verhaal

 

Nellie wys haar troufoto

 

 

 

Post a comment

7 + 9 =