Trouery en Bruilofte

 

Trouery en Bruilofte

Posted by VLV in Loerie Tak 17 Sep 2015

Sirkel: Suid-Ooskus

Tak: Loerie

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Hester Marx

Datum: 17 September 2015

 

 

002 (Custom)

Pragtige Marie Kruger

 

Marie Kruger vertel die lede van gebruike by troues van verskeie gelowe en kulture.

 

‘n Zulu-egpaar sal deesdae eers in ‘n kerk trou, maar daarna word ‘n tradisionele bruilof gehou.

Die bruid verwissel haar uitrustings verskeie kere en daar word baie gedans !

 

By ‘n Moslem-troue gaan slegs die bruidegom na die moskee vir ‘n stigtelike seremonie; die bruid bly tuis.  Henna en bloekom-olie word gebruik om die patrone op haar hande en voete te teken.

 

‘n Hindoe-meisie se bruidegom word vir haar gekies. Die troue word beskou as ‘n sakrament tussen twee siele.  Haar pa betaal vir haar eerste rok en juwele. Dan moet die nuwe familie die res van haar klere en juwele skenk.

 

In Rusland is ‘n bruilof baie lawaaierig en duur twee dae. En hoe meer groot, swart motorkarre daar is, hoe beter.

 

Lede het hul troufoto’s uitgestal en almal moes raai wie nou eintlik wie is. Nie almal het reg geraai nie, maar was dit eens dat al die bruide pragtig is!

 

009 (Custom)

Bruide – Joyce Puttergill, Barbara Röscher,  Irené van Vuuren, Hester Marais.

Post a comment

1 × 3 =